ISIS aanvaar verantwoordelikheid vir bomaanval in Jemen

Deel op

Die goewerneur van Aden in Jemen is Sondag dood in ’n motorbomontploffing waarvoor die Islamitiese Staat-groep (ISIS) verantwoordelikheid aanvaar het.

Die aanval het plaasgevind in Jemen se suidelike hawestad, waarheen pres. Abd-Rabbu Mansour Hadi teruggekeer het om toesig oor die oorlog teen die Iran-geallieerde Houthis te hou.

’n Plaaslike woordvoerder sê minstens ses lede van genl. Jaafar Mohammed Saad se gevolg is ook in die aanval dood.
Verskeie mense is in die voorval beseer.

Die gebied is beskou as ‘n vesting van die regering wat deur Saoedi-Arabië gesteun word nadat dié land in Maart ‘n oorlog verklaar het teen wat hulle beskou as Iran se invloed.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.