Ontleding van oopbroninligting, wat sosiale media insluit, deur die Britse Jane’s IHS-span het beraam dat die totale maandelikse inkomste van die Islamitiese staat tot laat in 2015 nog $80 miljoen beloop het, maar dat hulle verliese ly weens bomaanvalle deur Rusland.
Die grootste bedrae, sowat 50 persent, kom uit belasting en konfiskering, terwyl ongeveer 43 persent afkomstig is van oliesmokkel. Dwelmsmokkelary, die verkoop van elektrisiteit en skenkings sorg vir die res.
Die sowat 80 miljoen dollar wat ISIS per maand ontvang, is dus grotendeels van belasting wat afgedwing word en beslaglegging in gebiede onder die groep se beheer.
Die inkomste uit oliehandel word deur Turkye gewaarborg wat die roete waardeur die olie vervoer word, bied.
ISIS se finansiële hulpbronne stel terroriste in staat om ‘n gedugte bedreiging vir Westerse lande te wees.
Die smokkel van antieke goedere, ander misdaad en buitelandse donateurs uit Saoedi-Arabië en Katar dra volgens die verslag ook by die geldkas.
Daar is vroeë aanduidings dat die groep sukkel om sy begroting te balanseer, met die verslae van salarisse van sy vegters verminder is, prysstygings van elektrisiteit en ander basiese dienste aangekondig is, en die bekendstelling van ‘n nuwe landboubelasting.
Beramings is moeilik gegewe die groep se gedesentraliseerde aard.
‘n Financial Times-ondersoek in Oktober het ISIS se olie-inkomste op sowat $1.5 miljoen dag gestel, terwyl die IHS meen dit is nader aan $1.1 miljoen dag.