Ghanese asielsoeker vas na swendelary

Deel op

‘n Ghanese burger, en boonop ‘n asielsoeker daarby, is in hegtenis geneem nadat hy glo inwoners uit hul pensioengeld bedrieg het.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het aan Volksblad gesê die swendelaar, bekend as Dr. Mama, gee voor hy kan met die voorvadergeeste praat.

Hy steel goedgelowiges se pensioengeld met beloftes dat hy dit in miljoene rande sal verander, sê klaers.

‘n Mynwerker het na ‘n “ritueel” sy werk bedank om sy pensioengeld te kan opeis en die R342 000 aan Dr. Mama gegee.

‘n Egpaar van Theunissen het glo ook hul huis verkoop en al die geld aan die Ghanees oorhandig in die hoop om ryk te word.

Hy is intussen in hegtenis geneem. Die polisie het die publiek gevra om na vore te kom as hulle deur die swendelaar ingedoen is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.