Obama sê geen bewyse teen ISIS na massaslagting

Deel op

Pres. Barack Obama het Amerikaners gewaarsku dat die terreurbedreiging teen die VSA ‘n gevaarlike “nuwe fase” betree het en het onderneem om die Islamitiese Staat (ISIS) en ander terreurgroepe te vernietig.

Hy het egter bygevoeg dat daar geen bewyse is dat ISIS verantwoordelik was vir die San Bernadino-slagting nie.

Obama het in ‘n toespraak, wat regstreeks vanuit sy kantoor in die Withuis uitgesaai is, aangedui wat beplan word. Hy het onder meer beloof om “terreur-samesweerders te jag” ongeag van waar hulle skuil hou, het Reuters berig.

“Ons moet nie weer betrek word by ‘n lang en duur grondoorlog in Irak of Sirië nie,” het hy gesê.

Die toespraak kom vier dae ná ‘n skietery verlede week in San Bernardino, Kalifornië waarin die Amerikaans gebore Syed Rizwan Farook (28) en sy Pakistani vrou, Tashfeen Malik (29), 14 mense op ‘n Kersfeespartytjie vir staatsamptenare doodgeskiet het.

Nog 17 mense is gewond.

Die paartjie is ure later in ‘n skietery met die polisie dood.

Obama het die aanval as ‘n “terreurdaad ontwerp om onskuldige mense dood te maak” veroordeel.

Volgens hom bewys dit dat die “terreurbedeiging in ‘n nuwe fase ontwikkel het” omdat ISIS die internet gebruik om “die gedagtes (van potensiële aanvallers) te vergiftig”.

Die FBI ondersoek die moontlikheid dat die aanval deur ISIS geïnspireer is, maar volgens Obama is daar geen bewyse dat dit op bevel van ‘n militante groep oorsee of as deel van groter sameswering in die VSA uitgevoer is nie.

“Die bedreiging van terreur is eg, maar ons sal dit oorkom,” het hy gesê.

Obama het opnuut ‘n oproep om strenger wapenbeheer in die VSA gemaak.

“Ons moet dit moeiliker maak vir mense om kragtige aanvalsgewere te koop soos dié wat in San Bernardino gebruik is.
“Wat ons kan doen – en moet doen – is om dit moeiliker vir hulle te maak om te moor.”

Die New Yorker het ‘n illustrasie van twee wittes ivm die San Bernadino-massaslagting op hul voorblad geplaas, terwyl dit twee bruin Moslems was wat die aanval geloods het.

So lyk die aanvallers
So lyk die aanvallers

Die massaslagting word tans as terreurdaad ondersoek, het die FBI bevestig.

“Die vrou het haar ondersteuning aan Isis op Facebook verklaar,” het James Comey, hoof van die FBI, gesê.

Daar is ook aanduidings van inspirasie deur buitelandse terreurorganisasies.

Die owerhede probeer vasstel presies watter bande die twee met militante gehad het. Farook het glo kontak gehad met mense wat deur die FBI dopgehou is weens vermeende terreurbande.

Hy het as ‘n gesondheidsinspekteur vir San Bernardino se gesondheidsdepartement gewerk.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.