Die wêreld se twee grootste graderingsagentskappe sal na verwagting vandag hul jongste graderings van Suid-Afrika se soewereine skuldlas aankondig, het RSG berig.
‘n Afgradering deur Standard & Poor’s sal die land se kredietgradering tot onder beleggingsgraad – bekend as rommelstatus – te staan bring.
‘n Afgradering deur Fitch sal Suid-Afrika se gradering op een plek bo rommelstatus plaas.
Kenners sê die graderings kan ‘n impak hê op die land se ekonomie. Graderingsagentskappe het hul kommer uitgespreek oor Suid-Afrika se swak ekonomiese groei wat die regering se inkomste verklein en dus sy vermoë beperk om besteding aan te wakker.
Ontleders sê egter ‘n afgradering is ongegrond, wat dit duurder kan maak vir Suid-Afrika om geld in die buiteland te leen.