Brittanje gaan ISIS glo vir die volgende drie jaar bom

Deel op

Die Britse sekretaris van verdediging Michael Fallon sê Britse lugaanvalle in Sirië kan drie jaar duur as hulle fokus op ISIS se olie-velde.

Die owerheid gaan glo bykomende vegvliegtuige ontplooi in aanvalle teen die Islamitiese Staat in Sirië.

Bomwerpers het reeds die Omar-olievelde in die ooste van Sirië geteiken wat onder beheer van die terreurgroep is.

Fallon sê dit is belangrik om die olie-infrastruktuur te ontwrig, aangesien dit ‘n vername inkomste van die groep is.

Die ekstremiste-groep verkoop olie hoofsaaklik aan Turkse en Siriese tussengangers, waarna dit aan verbruikers in ander lande verkoop word.

‘n Russiese hoë amptenaar, Konstantin Kosatsjef het egter gesê dit is nog nie duidelik of “die Britte ander of dieselfde teikens [as die Russiese Federasie] het nie. Tyd sal leer watter oorlog Brittanje voer: Anti-terreur of burger,” het hy afgesluit.

Die aandeelpryse van groot internasionale wapenhandelaars het in die nasleep van die besluit van die Britse parlement om sy lugbombardementveldtog teen die Islamitiese staat te brei, die hoogte ingeskiet in weerwil van die feit dat Brittanje nie volgens internasionale reg handel nie.

BAE Systems, Airbus, Finmeccanica en Thales se aandele het Donderdagoggend hoër verhandel, berig CommonSpace.

Dit kom nadat Brittanje sy bereidwilligheid om miljoene meer te spandeer op sy oorlog met ISIS, verklaar het.

Daar is onbevestigde berigte dat ISIS besluit het dat die volgende teiken van ‘n aanval sal wees op Brittanje.

Europese veiligheid-agentskappe, met verwysing na spesifieke intelligensie wat verkry is, het gesê dat die Britse terroriste in Sirië en Irak getaak word om huis toe te gaan om ‘n aanval te loods, het CNN berig.

Die kommer van intelligensie agentskappe is glo vererger deur die parlementêre stemmery Woensdagaand.

Australië se parlement het intussen wetgewing in plek gestel om dubbele burgers van hul burgerskap te ontneem indien hulle skuldig bevind word aan oortredings wat verband hou met terrorisme.

Sulke burgers wat bande met verdagte groepe oorsee het, sal te midde van kommer oor jihadiste, ook van hul Australiese paspoorte gestroop word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.