Terreur op agenda by China-Afrika-beraad in Johannesburg

Deel op

Die Chinese ambassade in Luanda se eerste sekretaris, Zhao Haihan, het in ‘n onderhoud met Bloomberg gesê die Angolese regering is gewaarsku oor die hoë frekwensie van ontvoerings van Chinese burgers.

Tot enkele weke gelede, het niemand verwag dat veiligheid ‘n onderwerp van bespreking sal word by die China-Afrika-beraad wat 4-5 Desember in Johannesburg gehou word nie.

Terrorisme en veiligheidskwessies sal waarskynlik op die agenda wees wanneer die Chinese president Xi Jinping met meer as 50 swart eweknieë van die kontinent vergader.

China se kwesbaarheid vir terrorisme is blootgestel toe ISIS die Chinese burger Fan Jinghui onlangs tereggestel het.

Dit het gelei tot oproepe op Chinese sosiale media dat Beijing moet terugslaan teen die terroristegroep.

Net ‘n paar dae later, is nog drie Chinese vermoor deur terroriste, hierdie keer in die hoofstad van Mali, Bamako.

Die aanvallers het die Radisson Blu Hotel bestorm waar drie bestuurders van die staatsbeheerde China Railway Construction Corporation doodgeskiet is.

Hierdie twee gebeurtenisse is net die jongste aanvalle op Chinese burgers in die buiteland.

Die afgelope paar jaar, is Chinese burgers gevange geneem deur Boko Haram in Kameroen, ontvoer in Egipte, gyselaar geneem in Soedan.

In Angola, is die situasie is so erg dat ‘n senior amptenaar van die ambassade in Luanda ‘n beroep op die regering gedoen het om in te gryp om toekomstige Chinese belegging in die land te ondersteun.

Die persepsie dat China nie na sy mense in die buiteland kan omsien nie, is ‘n werklike probleem vir die legitimiteit van die regering, sê ontleders.

In teenstelling met die Verenigde State van Amerika, Frankryk, en Brittanje wat eensydige militêre ekspidisies in ander lande onderneem sonder VN toestemming, het die Chinese tot dusver sulke ingrypings vermy.

Dit is nie seker of China tans oor die vermoë beskik om spesiale magte te ontplooi om na hul belange om te sien nie, meen hulle.

Die beraad vind onder voorsitterskap van president Jacob Zuma en sy Chinese ampsgenoot Xi Jingping plaas.

China het verskeie ooreenkomste wat hy met Afrika-lande wil sluit en beloof beleggings van miljarde dollar, en teen die einde van verlede jaar was handel en beleggings tussen China en Afrika bykans 200 miljard dollar werd.

Die handelsbalans is egter grootliks in China se guns. In die eerste helfte van die jaar het beleggings egter met 40 persent gedaal weens lae kommoditeitspryse en ‘n sukkelende wêreldekonomie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.