Heyneke Meyer het bedank as Springbokafrigter.
Die aankondiging is Donderdagoggend op Twitter bevestig deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru).
“Meyer het besluit om as afrigter te bedank. Hy is van mening sy besluit is in die beste belang van SA rugby, in lig die van onlangse ontwikkelings.”
Meyer het aan Saru gesê dat hy sy integriteit as belangrik ag en daarom die besluit geneem het.
Die afrigter was onder kwaai druk na van die Springbokke se flouerige vertonings by die onlangse Wêreldbekertoernooi in Brittanje.