Tulbach geskud

Deel op

‘n Aardbewing het Tulbagh en Saron Woensdag weer eens geskud.

Tulbach is in 1969 deur ‘n verwoestende skudding in puin gelê, ‘n ramp wat bejaarde inwoners nog onthou.

Die aardbewing het 3,7 op die Richterskaal gemeet en sowat 10 sekondes lank geduur. Dorpe so ver as Paarl en Melkbosstrand het ook die trillings waargeneem.

Klaarblyklik voel inwoners al die afgelope maand waarskuwingstrillings.

Die Drakenstein-munisipaliteit se waarnemende munisipale bestuurder, Anelene de Beer, het aan Netwerk24 gesê geen skade of beserings is aangemeld nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.