Wetstoepassingsamptenare in die VSA, waaronder die FBI, het gesê hulle kan nie terrorisme as ‘n moontlike motief vir die jongste massaslagting in Kalifornië uitsluit nie.
‘n Moslemwerknemer en sy vrou het 14 mense doodgeskiet en 17 ander gewond by ‘n San Bernardino-kantoorgebou Woensdagoggend voordat hulle deur die polisie dieselfde middag doodgeskiet is.
San Bernardino se polisiehoof Jarrod Burguan het die verdagtes as Syed Rizwan Farook, 28, en Tashfeen Malik, 27, geïdentifiseer.
Familielede het aan die Associated Press gesê die paar was getroud.
‘n Man wat beweer dat hy die swaer is van een van die verdagtes in die skietery in San Bernadino, sê hy het geen idee wat die motief vir die aanval was nie.
Die man en vrou het op ‘n maatskaplike dienssentrum toegeslaan. Farah Khan sê sy suster was getroud met een van die verdagtes.
Hy het by ‘n mediakonferensie in Anaheim sy skok oor die aanval uitgespreek.
Die polisie sê hulle was goed voorbereid op die aanval en swaar gewapen. ‘n Derde verdagte wat van die toneel gevlug het, is deur die polisie aangekeer.
Dit is onduidelik wie van die verdagtes Khan se swaer is. Meer as 12.000 mense het vanjaar in vuurwapengeweld in Amerika gesterf, die meeste van hulle swart.
Die jongste aanval is die 355ste massa-aanval in die land vanjaar.