Aandag Afrikaners! Pieter du Toit se werk is in die gedrang!

Deel op

Pieter du Toit van Beeld waarsku Afrikaners dat hulle deel moet word van die swart debat in ‘n meningstuk op Netwerk24: “Dis nou tyd vir Afrikaners en wittes om te luister”.

Die rede wat hy aanvoer is dat City Press se redaktrise, Ferial Haffajee met swartes se naakte haat teen wittes gekonfronteer word, soos in geprekke met die redakteur van die Business Day Songezo Zibi geblyk het.

Enige poging om wittes te verdedig, het glo tot verdere haat en venyn gelei.

Julius Malema se besoek verlede week aan Londen, kom te midde van ‘n krisis onder diegene wat in Afrika-Marxisme ‘n toekoms vir beheer oor die kontinent gesien het, naamlik Brittanje.

Die waarheid is egter dat Islam besig is om groot dele van die vasteland te verower. Daarom juis moes Malema voor die wit Karl Marx se standbeeld, deur wittes opgerig, gaan buig met sy besoek.

Die Marxiste is bekommerd en sien in Malema die geweldenaar wat hulle ideologiese drif tot “gelykheid” sal dien.

Iemand soos Pieter du Toit is nie bewus van hierdie onderstrominge nie. Hy verstaan nie die Britse Marxiste en hul doelstellings vir Suid-Afrika nie. Hy is ‘n tropdier, ‘n aartskonformis en ‘n lekker van agterente.

Vandaar sy waarskuwing dat alle lemmings, ekskuus Afrikaners, die voordeel wat hyself geniet deur te konformeer, moet begryp. Dis sy inkomste mense! Vir sulke siele is lees met begrip ‘n te groot uitdaging.

Die opwellende swart venyn waarteen hy pas gewaarsku het, noem hy sonder ironie ‘n paar sinne later ‘n “gesofistikeerde (en fassinerende) debat oor rasseverhoudings”.

Hy het soos ‘n Marxistiese skoothondjie homself na Boerehaat gewend en val hy Afrikaners aan vir hule “laertrek-mentaliteit” en “laergraad-propaganda”. En oudergewoonte nie ‘n woord van kritiek teen die wit Marxiste wat swartes aanhits teen blankes nie.

Dié [swart]mense se frustrasie met hul wit landgenote word vererger deur wittes se wanbegrip of ontkennning van wit bevoorregting en heerskappy. Dit word volgens Haffajee, danksy die struktuur van ons samelewing en die institusionalisering van ‘n wit kultuur, tradisies en gebruike, steeds voortgesit.

“Neem wittes deel aan die gesprek oor witwees, ras, bevoorregting, wit heerskappy, nie-rassigheid? My mening: sommiges ‘engage’, maar baie doen nie,” het sy gesê.

Die gevolg daarvan is dat swart Suid-Afrikaners volgens haar gebuk gaan onder ‘n gevestigde en versmorende wit heersende orde. Dit onderdruk haar en haar swart landgenote “en mens raak verlore in dié narratief, sonder om ‘n ontsnappingsroete te sien”.

Dit was nogal ‘n stamp teen die bors om as wit man dié en baie ander uitlatings te hoor, ook ná die tyd in gesprek met kollegas van City Press, wat daagliks probeer om die draaikolk-debatte in die breë swart gemeenskap te verstaan en te verwoord. Ons is 21 jaar ná 1994 nog nie waar ons moet wees nie en die geduld van die oorgrote meerderheid van Suid-Afrikaners is besig om op te raak, was die deurlopende tema.

Politieke mag is nou in die hande van ‘n demokraties verkose regering, ja, maar Suid-Afrika se norme, waardes en instellings is steeds geskoei op vaste tradisies en prosedure wat oor dekades en eeue heen gevestig is.

Dit skep outomaties ‘n gevoel van uitsluiting onder swart Suid-Afrikaners wat bots met wit Suid-Afrikaners se eie frustrasies. Dit lei op sy beurt tot wedersydse wanbegrip. Voeg by eersgenoemde onverantwoordelike populisme en by laasgenoemde onverantwoordelike propaganda en ons sit met ‘n giftige brousel van agterdog en nyd.

Daar is ‘n gesofistikeerde (en fassinerende) debat oor rasseverhoudings wat in die breër samelewing woed – en ons almal moet daaraan deelneem. Dit is vir baie onthutsend en soms ontstellend om te sien hoe simboliek (taal of simbole) uit die verlede getakel word. Die “gespierde” optrede, waarna Haffajee verwys, is seker nie in pas met die gemaklike rit wat ons almal oorwegend sedert 1994 gehad het nie.

Dalk het dit nou tyd vir wittes en Afrikaners geword om fyn en vreesloos te luister; nie na onbeholpe politici en opportunistiese aktiviste nie, maar na landgenote: mense op grondvlak, in die werkplek, in die skool se parkeerterrein en in die stemme van meningsvormers. Verstaan ons werklik waar die pruttende frustrasie vandaan kom? Verstaan ons as voorheen-bevoordeeldes ons rol in die post-1994 samelewing (of selfs pre-1994)? Weet ons wat om daaraan te doen en waar om hande te vat?

Swart frustrasie het nie ten doel om wittes se toekoms te verydel nie. Maar ons sal moet erkenning gee aan die legitimiteit daarvan.

[…]

Daar is ‘n nasionale debat wat daarbuite woed. Ons kan nie bekostig om nie deel daarvan te wees nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.