Terreur-oefening lei tot dood van student

Deel op

Mediese beamptes moes bystand verleen aan beseer­de studente by die Nairobi-wes hospitaal in Kenia.

‘n Veiligheidsoefening om die Strathmore Universiteit se gereedheid in geval van ‘n terroriste aanval te toets, het skeefgeloop en ‘n stormloop het gevolg nadat geweerskote gehoor is.

Een persoon is dood en 20 is in die voorval beseer.

Vreesbevange studente het by uit vensters uitgepeul na die geweerskote gehoor is.

Die skote het tot paniek onder die 5000 studente gelei.

Daar was ook berigte dat algehele chaos geheers het. Spanning loop hoog in Nairobi, wat reeds talle kere getref is deur ISIS-terreur in die vorm van die al-Sjabaab-groep.

Die plaaslike radiostasie Nation FM het eers nadat die chaos uitgebars het, getwiet dat die skote deel is van ‘n terreur-oefening.

“Dit was net ‘n oefening,” het Jafet Koome, die polisiebevelvoerder in die hoofstad aan Reuters gesê.

Die Pous, wat ses dae gelede besoek gebring het aan die land, het gesê hy is meer bekommerd oor muskiete as oor Moslemterreur.

Tydens die Pous se besoek is 10 000 polisielede in Kenia ontplooi.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.