China en Taiwan versterk betrekkinge

Deel op

Taiwan en China, het ná ’n onlangse geskiedkundige ontmoeting tussen dié twee lande se leiers in Singapoer, vriendskaplike bande verder verstrek en in ‘n gebaar van welwillendheid spioene uitgeruil.

President Ma handhaaf reeds geruime tyd ‘n inskiklike houding teenoor die vasteland van China met die bevordering van toerisme en handelsbande.

Vroeër hierdie maand, het hy en die Chinese president Xi Jinping ontmoet in Singapoer om onder meer die uitruiling te bespreek, maar het eers onlangs die aankondiging gemaak.

Dit is die eerste keer dat die leiers van China en Taiwan gesprekke in meer as 60 jaar in die openbaar hou.

China het kol. Zhu Gongxun en kol. Xu Changguo van Taiwan se militêre intelligensiediens ná meer as nege jaar in aanhouding­ vrygelaat.

Taiwan het op sy beurt vroeë parool aan die Chinese spioen Li Zhihao toegestaan.

Die eiland word demokraties en deur die Kuomintang geregeer, maar China het nog nooit van sy reg afstand gedoen om in te gryp indien nodig nie.

China beskou Taiwan as ’n “wegbreek”-provinsie.

Spanninge in die Suid- sowel as Oos-Chinese See het China tot dié stap genoop. Met ‘n verkiesing wat binnekort in Taiwan gehou word, wil China graag sien dat hul bondgenoot Ma se kanse goed lyk.

Die Chinese president het tydens sy toespraak gesê: “Ons is broers van dieselfde vlees, selfs al is ons bene gebreek.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.