Open Stellenbosch woedend oor US-besluit

Deel op

Die studente-aktivistegroep Open Stellenbosch het intussen hulle woede uitgespreek oor ‘n raadsbesluit om nie die US se taalbeleid aan te pas nie.

‘n Woordvoerder van die groep Khule Duma sê dit is ‘n verwerping van transformasie by die Universiteit.

Duma sê hulle wil ‘n nuwe taalbeleid hê, aangesien die huidige een Engelse uitsluit.

Duma beweer die bestaande taalbeleid beperk swart studente se deelname aan aktiwiteite by die Universiteit omdat hulle slegs Engels praat.

Duma het gesê die rede waarom Engelse studente gevra het vir ‘n verandering in die taalbeleid van die instelling, is omdat swart studente misluk as gevolg van hul “stryd met Afrikaans”, die universiteit se belangrikste taal van onderrig.

Daar is twee Engelstalige universiteite binne bereik van hierdie klein groepie klaers te wete UK en UWK, maar klaarblyklik is dit ‘n beleid van die US om swartes en Engelse studente met beurse te lok.

“Die rede waarom ons ‘n einde aan hierdie taalbeleid eis, wis omdat dit swart studente van deelname [in akademiese aktiwiteite] weerhou want hulle kan nie verstaan wat gesê word in die klas nie.

“Dit is duidelik dat die raad ‘n kans vir die universiteit om vorentoe [en] te beweeg met versnelde transformasie verwerp.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.