Bainsvlei-moordverdagtes toon geen berou

Deel op

Die moordverhoor van drie swartes Fana Ntshedi, Motsamai Bitterbos en Jackie Louw het Maandag in die Bloemfonteinse hooggeregshof begin.

Hulle staan tereg op die dubbelmoord op die Swanepoel-egpaar van Bainsvlei in Januarie vanjaar.

Bitterbos se suster, Katrina Matthys het Maandag getuig dat die beskuldigdes die aand voor die moorde by haar oorgeslaap het, iets wat hulle nooit vantevore gedoen het nie.

Sy was die staat se eerste getuie en is nie deur die verdediging gekruisondervra nie, aangesien hulle eers met hul kliënte wou konsulteer.

Die Swanepoels se familiewoordvoerder, Danie Marais, sê dit is duidelik dat die verdagtes geen berou toon oor hulle dade nie.

Marais het gesê teen hierdie tyd moes hulle al nagedink het oor wat hulle gedoen het, maar klaarblyklik het dit nie gebeur nie en dis is hartseer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.