Aangeheg is Sonja Loots in Rapport 29 November 2015 se “Wees eerlik oor wat op die spel is in die taaldebat”. …halwe waarhede, politieke leuens en wanpersepsies…
Kan dit werklik `n ‘taaldebat’ genoem word as die kommunis Blade Nzimande voor hardloop in die vernielingsproses van die Afrikaanse denkwêreld – met `n horde taaljakkalse, -krankebedroewers, -sieketroosters en freeriders* wat agter hom aanstert?
Wanneer reageer die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns? Die oprigtingsdoel van die SA Akademie was immers “om na die ontwikkeling van die Nederlandse (insluitende die Afrikaanse) taal, letterkunde, kuns, geskiedenis en oudheidkunde in Suid-Afrika om te sien en leiding in hierdie sfere te gee.”
Dit gaan nié nét oor die afskaling en uitskakeling van Afrikaans nie. Vandag is die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns `n multidissiplinêre organisasie en juis daarom moes die liggaam al gereageer het. Dit raak die wese en die essensie van wat `n universiteit is en moet wees – maar die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns is swygsaam soos `n Egiptiese sfinks!
*freeriders – die sg. Afrikaanses wat self niks tot stand gebring het nie maar wysneusig en grootbek ry op wat voor en tydens die sg. apartheidsera ontwikkel en tot stand gebring is: mense soos die vise-kanseliers (bruin en Engelsgesind van elders), Danny Titus(ATKV) en Adam Small** wat nog onlangs ten spyte van sy Hertzogprys die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aan die gat gebyt het.
**Ontvang die Hertzogprys met oënskynlike grasie maar het duidelik geen begrip vir die ontstaan, geskiedenis en simboolwaarde van die Hertzogprys nie!
Met besorgdheid en ontsteltenis
Kas Landman