Caledonrivier droog amptelik op

Deel op

Die Caledon-rivier het amptelik opgedroog en gevolglik is Ficksburg, Clocolan en Marquard in die Oos-Vrystaat sonder water.

Munisipale bestuurder vir die Setsoto-munisipaliteit, Tshepiso Ramakarane het aan OFM-nuus vertel dat die situasie hulle nie onkant gevang het nie, en dat dit te verwagte was gegewe die gebrek aan reën.

Hy sê verder die munisipaliteit is in verbinding met die departement van water en sanitasie en dat daar verskeie gebeurlikheidsplanne in plek is.

Dit sluit in die ontplooiing van watertenks vanaf nabygeleë Senekal, en die vrystelling van water uit die Lesotho hoogland.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.