Gautrein-tegnici werk deurnag na ongeluk in Pretoria

Deel op

Tegnici het deurnag gewerk om Gautreinverkeer te herstel, nadat ‘n wegholvragmotor Saterdag in Pretoria deur ‘n keermuur gebars het.

‘n Trein kon net betyds voor die aankomende vragmotor rem en sodoende ‘n groter tragedie verhoed. ‘n Stuk betonheining is ook meegesleur in die ongeluk.

Een van die twee Gautrein-spoorlyne is beskadig is toe die sementmenger beheer verloor het.

Die treindiens tussen die Pretoria- en die Hatfield-stasie het die hele naweek stilgestaan en passasiers is per bus tussen stasies vervoer.

Die Gautrein se ander roetes word nie geraak nie.

Die Gautrein-bestuursmaatskappy sê op sy Twitter-blad dat alhoewel die kragtoevoer na een van die twee spoorlyne tussen die Hatfield- en Pretoriastasies herstel is, pendelaars steeds van busse moet gebruik maak.

Dit sal hul reistyd met ‘n paar minute verleng.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.