Kaapse verkeersbeampte gearresteer vir korrupsie

Deel op

'n Verkeersbeampte is een van vier mense wat Woensdag in Velddrift gearresteer is vir die onwettige uitreiking van leerlinglisensies en bestuurslisensies, het die Weskuspolisie gesê.

Deel op

Superintendent Andre Traut het gesê die lisensies is uitgereik teen 'n koste van tussen R1000 en R4000 sonder dat daar enige toets afgelê is.

Die 49 jarige verkeersbeampte is by sy huis in Laaiplek gearresteer.

'n 32-Jarige vroulike administratiewe klerk by die Velddriftmunisipaliteit is ook gearresteer. Verder is twee mans onderskeidelik 49 en 42 gearresteer by hulle huise in Mitchell's Plain en Hopefield.

Daar word geglo dat die twee mans as agente opgetree het vir die beamptes en voornemende kliente vir hulle gewerf het.

Dit is nog onbekend hoeveel lisensies so uitgereik is, maar dié wat wel gevind word wat onwettige lisensies is, sal gekanselleer word, het Traut gesê. 

лего магазиныДанильченко Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.