Rugby: Twee Springbokke versterk die Sewes-groep!

Francois Hougaard en Juan de Jongh is Woensdag ingesluit in ‘n sterk Springboksewes-12-tal wat vir die eerste twee HSBC Wêreldsewesreekstoernooie van die nuwe seisoen in Doebai en Kaapstad gekies is.

Die seisoen skop af op 4 en 5 Desember met die Emirates Airline Dubai-Sewes, wat ‘n week later opgevolg word deur die eerste HSBC Kaapstadsewes, wat op 12 en 13 Desember, by die Kaapstad-stadion plaasvind.

Hougaard het 35 toetse vir die Springbokke gespeel en het onlangs by die Blitsbokke aangesluit met ‘n eenjaarkontrak in sy sak. Hy is ingestel om sy World Series-debuut in Doebai te maak, terwyl DHL Westelike Provinsie-senter en -kaptein, De Jongh (14 toetse), terug keer na die Springboksewesspan nadat hy sy eerste en enigste verskyning vir die span in Wellington in 2008 by die 15-mankode gemaak het.

Werner Kok, die nuut gekroonde Wêreldrugbysewesspeler van die Jaar, Cheslin Kolbe (DHL Westelike Provinsie) en verlede seisoen se top-driedrukker op die World Series, Seabelo Senatla, sal kombineer met gereelde staatmakers Cecil Afrika, Justin Geduld en Ryno Benjamin (Toyota Vrystaat-Cheetahs) om ‘n kragtige Blitsbok-agterlyn te vorm.

Die taai Benjamin is ingestel om sy 30ste World Series-verskyning te maak terwyl kaptein Kyle Brown op koers is om in sy 50ste toernooi in sy tuisdorp, Kaapstad, te speel.

Brown, Philip Snyman, Kwagga Smith en Chris Dry sal die nodige staal voorlangs verskaf en voltooi ‘n sterk spankeuse wat hul kroon in Doebai sal verdedig. Die Springboksewesspan is ook die huidige toernooikampioene in Suid-Afrika.

Spelers wat nie oorweeg is as gevolg van ‘n besering nie, is Branco du Preez (skouer), Warren Whiteley (kuit) en Oupa Mohoje (knie, uit vir agt weke).

Die Springboksewes-afrigter, Neil Powell, het gesê dit was ‘n uiters moeilike taak om die groot oefengroep te verminder tot net 12 spelers vir die eerste twee toernooie van die seisoen.

“Die hele oefengroep het baie hard gewerk en die mededinging tussen die groep spelers het hierdie my moeilikste keuse ooit gemaak,” erken Powell.

Ek dink spanne is besig om hulself te posisioneer vir die 2016-Olimpiesespele, wat beteken daar sal min ruimte vir foute wees.

Suid-Afrika is gegroepeer in Groep B saam Skotland, Samoa en die nuut bevorderde kernspan Rusland. Die groep reis na Doebai op Sondag 29 November en vertrektyd van die Kaapstadse Internasionale Lughawe is 13:30.

Die Springboksewesgroep vir die opening van die World Series-toernooie in Doebai en Kaapstad (SARU gekontrakteer tensy anders gespesifiseer, aantal World Series-toernooie in hakies):
1. Chris Dry (44)
2. Philip Snyman (30)
3. Francois Hougaard (0)
4. Kwagga Smith (15)
5. Werner Kok (18)
6. Kyle Brown (48 – kaptein)
7. Cheslin Kolbe (DHL Westelike Provinsie, 8)
8. Ryno Benjamin (Toyota Vrystaat Cheetahs, 29)
9. Justin Geduld (18)
10. Cecil Afrika (38)
11. Seabelo Senatla (19)
12. Juan de Jongh (DHL Westelike Provinsie, 1)

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Karel Combrinck

    Wie de swernoot gee om. ‘n Mens kan sommer op die foto sien waaroor dit gaan.

  • ThysH

    Praag, ek maak ernstig beswaar teen hierdie bevordering vir kwota- en “affirmative action” sport – maak nie saak watter sport dit is nie en eintlik veral nie rugby nie. Ek vind dit absoluut walglik dat daar nog so baie Afrikaners is wat hulle voor die TV sit en verlustig in rugby, krieket en ander sportsoorte wat almal reeds kwotasporte is, waar van ons beste wit sportmanne NIE die spanne gehaal het nie omdat hulle velle WIT is! Die arme mense besef nie dat hulle met elke kyk wat hulle gee en elke SAB bier wat hulle drink, hulle in werklikheid vir die ANC (EN die DA) se dat hulle maar kan voortgaan om so teen wittes te diskrimineer.
    Ek kyk nog op die uitslae-blaaie na die vertoning van individue in bv gholf, maar ook nie meer na almal se prestasies nie want Ernie Els het my steun en waardering vir hom en sy spel finaal verloor toe hy sy oorwinning in die Britse Ope ‘n jaar of wat gelede aan Mandela opgedra het. Arme politieke dom donner! (maar ek hoor die Else was maar al die jare Sappe).

    • ThysH

      Ek sien nou eers dit is al in November verlede jaar geskryf – en vermoedelik hier geplaas, maar ek het dit nie toe gesien nie (of nie gelees nie) en om een of aner rede word dit nou weer herhaal. Vraag is hoekom en deur wie? Maar my beswaar bly geld!