Die houtwerkdruipeling sit anti-Afrikaanse veldtog in VK voort

Deel op

Swart studente lei die stryd teen wit heerskappy wat inheemse bevolkings uitsluit, het Julius Malema Woensdagaand voor die Oxford-universiteit se debatsvereniging, verklaar.

Malema toer tans deur Brittanje waar hy met ryk Britse sakeleiers vergader het oor hoe om Afrikaans by hoër instellings die nekslag toe te dien.

Die rooi nar, sal soos sy voorloper Nelson Mandela, Chatham House, een van Brittanje se gesaghebbendste dinkskrums, ook toespreek om sy internasionale aansien te verhoog.

Die EFF-leier se boodskap is soortgelyk aan die van die getalarm Open Stellenbosch wat Afrikaans by US wil afskaf.

Onder “wit heerskappy” – lees Afrikaans – word “swartes glo opvoeding geweier sodat hulle ‘n bron van goedkoop arbeid kon wees” aldus Malema.

Sy boodskap was besonder goed teen Afrikaans gefokus vir ‘n houtwerkdruipeling en Netwerk24 het oudergewoonte uitgebreid daaroor berig:

“Suid-Afrika moet nie ‘n tuiste vir rassiste wees nie. En ons gaan nie om verskoning daarvoor vra nie. Diegene wat weier om berou te toon, moet dit weet.

“Ons glo daar is in Suid-Afrika plek vir almal. Maar ons kan nie aanhou om wit bevoorregting ten koste van swart mense te beskerm nie.”

Malema, wat ‘n noue verhouding met Winnie Madikizela-Mandela het, het gesê oudpres. Nelson Mandela het die Vryheidsmanifes verloën toe hy en Madikizela-Mandela geskei het omdat hy in ‘n huis gaan woon het wat wittes aan hom geskenk het.

“Om te kla dat Mandela die struggle verloën het, is sinloos. Hy het geweet die struggle is onvoltooid. Hy het dit vir ons gelos. Ons sal dit klaar maak. Ons gaan nie ‘n kompromie aangaan nie.” Hy het aan die gehoor gesê sy party wil nie wit heerskappy met swart heerskappy vervang nie.

“Ons wil die waardigheid van die kontinent herstel en Afrika as ‘n gelyke vennoot in die wêreldekonomie en internasionale politiek posisioneer.

“Ons wil hê Afrika moet soos Europa wees. Ons wil nie hê Europa moet Afrika as sy onderdaan behandel nie. Afrika se tyd is nou,” het Malema gesê.

Malema het die dooie Cecil John Rhodes opgerakel as ‘n toonbeeld van die onverkwiklike rasseskeiding waarmee sy soort glo worstel. Hy is egter deur se Rhodes se klasgenote met ope arms verwelkom, ‘n voorreg wat wit Britte van die werkersklas nie beskore is nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.