M-Net soek nie witmense nie

Deel op

Die betaal TV-kanaal M-Net het sy besluit om slegs swart, bruin en Indiër kandidate toe te laat om vir internskappe aansoek te doen, verdedig.

Die bestuurshoof van M-Net, Yolisa Phahle sê die internskap-program sal die kandidate toelaat om vaardighede te bekom om op ‘n gelyke voet met hulle wit kollegas mee te ding vir werksgeleenthede.

Volgens Phahle vereis die wet dat hulle hindernisse tot indiensneming verwyder om alle kandidate die geleentheid te gee om te werk.

‘n Klag sal glo aanstons deur belanghebbendes by die Menseregtekommissie ingedien word omdat M-Net teen witmense diskrimineer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.