Kubaanse ingenieurs lê rond in luukse akkomodasie

Deel op

Kubaanse ingenieurs wat sowat ses maande gelede in die Vrystaat aangekom het en na plaaslike munisipaliteite uitgeplaas sou word, het nog nie ‘n steek werk gedoen nie.

Tydens ‘n sitting van die provinsiale wetgewer Donderdag, is verneem dat die ingenieurs nog in luukse akkommodasie, wat deur arm munisipaliteite betaal word, rondlê.

Dié ingenieurs het glo erken dat hulle ‘n gedeelte van hul salaris elke maand aan die Kubaanse regering moet afstaan.

Premier Ace Magashule was hewig ontstig dat die besonderhede van die Kubaanse ingenieurs uitgelek is deur die opposisie en het gesê Suid-Afrika sal altyd die Kubaanse regering as ‘n vriend beskou.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.