China maak reg vir Suid-Afrikaanse besoek

Deel op

Volgens die Chinese minister van buitelandse sake, sal Beijing bilaterale samewerking met Afrikalande verhoog in die stryd teen terrorisme en ekstremisme.

China sal sy samewerking met Afrikalande in die stryd teen terrorisme verhoog ná die onlangse aanval op ‘n Malinese hotel wat die lewens van 19 mense, waaronder drie Chinese burgers, geëis het, het die Chinese minister van buitelandse sake Wang Yi Donderdag gesê.

“‘n Paar dae gelede, in Mali, was daar ‘n terroriste-aanval met gyselaars, waarin drie Chinese burgers gedood is. China sal voortgaan om pragmatiese samewerking met Afrika te bevorder, en terselftertyd bilaterale samewerking in die stryd teen terrorisme en ekstremisme verstrek,” het hy gesê op ‘n forum wat die Chinese leier Xi Jinping se besoek aan Suid-Afrika voorafgaan.

Die Chinese leier se besoek aan Suid-Afrika is geskeduleer vir die begin van Desember.

Die minister van buitelandse sake het beklemtoon dat China ‘n “aktiewe deelnemer” is in die behoud van vrede en stabiliteit in Afrika.

Op 20 November, het gewapende mans van die Islamitiese Staat die Radisson Blu Hotel in die hoofstad Bamako bestorm, en 170 mense gyselaar geneem, meestal buitelanders. Negentien mense is doodgeskiet.

Die Chinese leier het die aanval veroordeel en Chinese veiligheidsagentskappe gemaan om Chinese burgers en maatskappye in die buiteland beter te beskerm.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.