Hippasus en die WNNR

Deel op

ImageOns is gelukkig om in die moderne tyd te leef, nie waar nie? Ons is immers vry van bygelowe en belaglike vrese. Dit was nie altyd so nie. In antieke Griekeland was ene Hippasus die eerste om die bestaan van irrasionele getalle (byvoorbeeld pi of die vierkantswortel van 2) te bewys. Luidens die legende het Pythagoras-hulle egter dié kennis as so gevaarlik beskou dat hulle die arme Hippasus glo oorboord gegooi het en hom laat verdrink het.

Deel op

Gelukkig is ons vandag nie meer so primitief nie, is ons? Ons beskou kennis of idees nie meer as gevaarlik nie.  

Moenie glo nie.

In “moderne”, “gevorderde” Europese lande, is die blote bevraagtekening van die moord in die openbaar op Jode deur die Nazi's met tronkstraf strafbaar. Jy kan tronk toe gestuur word as jy 'n brief aan ‘n koerant skryf wat meen dat die Nazi’s nie 6 miljoen Jode vermoor het nie.

In die Suid-Afrika van 2008 is sekere idees ook te gevaarlik vir openbaarmaking. 'n Wetenskaplike in diens van die WNNR, dr Anthony Turton, is geskors omdat hy hierdie referaat by ‘n kongres wou lewer.

Ek het gisteraand die moeite gedoen en die hele referaat gelees. Dit is na my mening nie 'n vreeslik samehangende of goed-gestruktureerde stuk nie. Dit dwaal van waterkwaliteit na 'n tekort aan ingenieurs na die geskiedenis van Suid-Afrika na 'n pleidooi vir nog befondsing vir die WNNR.  Daar is egter iets in die referaat wat die WNNR se bestuur só bang gemaak het, dat hulle dr Turton geskors het en hom verhoed het om sy referaat te lewer.

Ek spekuleer nou, maar die volgende is moontlik deel van die idees wat die WNNR as te gevaarlik vir openbare kennisname beskou:

“…the ethnic cleansing in the 1820’s and 1830’s of many non-Zulu tribes during the Mfecane that laid the hinterland of the country waste, creating the vacuum into which the Trekboers moved during the Great Trek (Edgecombe, 1986; Turton et al., 2004; Welsh, 2000)…”

Jan Publiek mag skynbaar nie bewus gemaak word van die geskatte 500 000 swartes wat deur die Zoeloes vermoor is tydens die Mfekane nie. Jy en ek mag nie weet dat die Voortrekkers bykans niemand in die binneland aangetref het nie. Miskien pas dit nie in by die WNNR se bestuur se persepsie van die heersende ANC-regime se ideologie nie.

Voorts kan hierdie ook 'n feit wees wat te gevaarlik is om rugbaar te maak:

“The propensity to resort to mass violence when expectations exceed the capacity of the government to deliver.”

 Dr Turton het hierdie foto in sy referaat gepubliseer ter stawing van sy stelling. Jy en ek mag dit skynbaar nie te siene kry nie.

ImageDie WNNR is niks anders as die moderne ekwivalent van Pythagoras-hulle nie, wat mense wil doodmaak omdat hulle gevaarlike gedagtes verkondig.

люстру припотолочнуютопкарго кидалы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.