Bruin mesmoordenaar beken skuld

Deel op

Die bruine wat ‘n wit onderwyseres van Warmbad (Bela-Bela) ten aanskoue van haar jong kinders wreed vermoor het, het skuld beken.

NUUT!

Desmain Clark Adams (20) het Dinsdag in die landdroshof op die die dorp, skuld beken op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede.

Hy het Lindie Bosch-Jansen (35) in Oktober met ‘n mes doodgesteek, voor haar twee klein seuntjies, onderskeidelik sewe en tien. Sy was ‘n onderwyseres aan die Jinnah Park Primary School.

Bosch-Jansen het ‘n verjaarsdagviering by die Warmbad-laerskool bygewoon en het gehelp om op te ruim toe sy na middernag deur Adams aangeval is.

Adams het aan die hof gesê hy het ‘n Garmin-GPS-toestel uit Bosch-Jansen se motor gesteel. Sy het hom glo op heterdaad betrap en toe steek hy haar in die hart.

Adams het gesê hy het die GPS gesteel om sy dwelmhandelaar te betaal.

Adams is in Augustus 2014 aan roof skuldig bevind, en is toe ‘n boete van R3 000 of 12 maande tronkstraf opgelê, wat vir vyf jaar opgeskort is.

Die Kleurling sal volgende maand gevonnis word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.