Nog ‘n Nasionale Sleutelpunt sneuwel voor rooi gevaar

Deel op

Die Parlement sal twee dae langer in sitting wees nadat lede van die vakbond, Nehawu, die raadsaal van die Nasionale Vergadering (NV) in Kaapstad is Dinsdagoggend binnegestorm het.

Die werkers staak nadat onderhandelings oor hul bonusse `n dooiepunt bereik het.

Die voorsitter in die Nasionale Raad van Provinsies, Thandi Modise, sê nog onderbrekings sal nie geduld word nie.

Sy het by `n mediakonferensie gesê die feit dat hulle nie `n hofbevel teen die werkers gebruik het nie, beteken nie dat die parlement te bang of swak is nie.

Volgens haar, is alles moontlik gedoen om wat Dinsdag gebeur het, te verhoed. Die NV is ’n nasionale sleutelpunt.

Stakende werkers in rooi het die openbare galery beset met dreunsang en bontspring. Hul aanvoerders het gesê die werkers is gereed vir enigiets.

Polisielede het buite die raadsaal rondgestaan.

“Ons werk hier. Hulle kan nie meer skuil agter verskonings van ’n nasionale sleutelpunt nie. Ons moet wys ons is ernstig.”

Nehawu en die bestuur van die parlement kon nie oor persentasieberekenings vir prestasie­bonusse ooreenkom nie. Die Nehawu-staking duur voort.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.