Dan Roodt: Portret van die liberale Afrikaner

Deel op

Ek wil vandag iets sê oor die sg. “liberale Afrikaner”. Daar is seker iets te sê vir klassieke liberalisme uit die negentiende eeu, asook die begrip van “verdraagsaamheid” soos mens dit by Voltaire en later John Stuart Mill en die Engelse liberaliste teëkom.

Die punt oor die “liberale Afrikaner” is egter dat hy geensins verdraagsaam is nie. As jy iemand op Facebook teëkom wat soos ‘n graadtien in ‘n seunskoshuis vloek en almal uitskel, dan weet jy jy het nou met ‘n “liberale Afrikaner” te doen. Hy of sy beheers alle p- en d-woorde. Eintlik beskik hy nie oor ‘n standpunt nie, maar hy voel hy moes twintig of dertig jaar gelede teen die NP gewees het, was dit nie, en nou wil hy die verlore tyd en geleentheid inhaal. Bowenal is hy ‘n konformis en voel hom part en deel van die “wenners”, die regerende ANC en SAKP. Kommunisme verstaan hy nie so mooi nie, want Marx en Engels is so bietjie bokant sy vuurmaakplek, maar hy hou van die idee dat konserwatiewe boere se plase afgevat gaan word en verlekker hom in alle ellende wat hulle en ander Afrikaners mag tref.

Eintlik moet ‘n mens hom nie as ‘n “liberale Afrikaner” beskryf nie, want hy verwerp die begrip “Afrikaner” en beskou hom as ‘n “Suid-Afrikaner” of wêreldburger. Hy is bevry van alle identiteit behalwe ‘n soort oppervlakkige Amerikaanse verbruikersidentiteit en is, tesame met Mal Max, Piet Kopdoek en ander, ‘n groot voorstander van Engels. Engels, Engels, alles Engels. Hy lees slegs Engels en luister net Engelse liedjies van die tipe wat aanmekaar oor Radio Hoëveld gespeel word. Sy kinders is gewoonlik op ‘n Engelse skool sodat hulle “diversiteit” eerstehands kan ervaar en sommer ook in Boerehaat geïndoktrineer kan word. Alles wat Afrikaners verkleineer, slegsê of verneder, vind hy goed en mooi.

Hy bewonder politieke geweld; die kragdadige uitsprake en dreigemente van Julius Malema maak hom opgewonde. Die gedagte dat die EFF ‘n paar konserwatiewe of “regse” Afrikaners kan gaan doodmaak, vervul hom met groot blydskap. Terreur is ook aanvaarbaar solank dit teen Afrikaners gepleeg word.

Die meeste liberale Afrikaners kan nie meer Standaardafrikaans praat nie, maar voel hulle het een of ander “sê” oor wat met die taal behoort te gebeur. Hulle weet niks van die Afrikaanse kultuur of letterkunde nie en eet eerder ‘n McDonalds-roomys as ‘n stuk melktert. “Wow” en “Awesome” is die woorde wat hulle die meeste gebruik, wat spreek van ‘n soort permanente adolessensie en intellektuele agterstand wat dagga nie kan uitwis nie. Ja, baie van hulle rook dagga, ‘n Engelse en swart gewoonte wat hulle as deel van hul “bevryding van Afrikanerskap” sien. Dit dra by tot die benewelde wyse waarop hulle die wêreld sien en ervaar.

Leedvermaak is die emosie wat die reste van hul Afrikaansheid definieer en hulle ervaar dit veral wanneer hulle hoor dat ons taal verder gemarginaliseer word, dat iemand wat vermoedelik van hul dekadente waardes verskil iets oorgekom het, deur misdadigers aangeval of selfs vermoor is. Al sê hulle dit nie so openlik nie, is hulle eintlik gen gunste van plaasmoorde want mense op die platteland hou van Steve Hofmeyr, woon sy konserte by, en verdien daarom om in revolusionêre massamoorde tereggestel te word. As hulle iets van die Franse revolusie geweet het, sou hulle dalk besef het sulke dinge het al voorheen gebeur, maar hul kennis van die Europese geskiedenis is nog swakker as hul kennis van Afrikanergeskiedenis.

Sy styl is vulgêr, nodeloos om te sê, of “geen styl”. Terwyl hy fulmineer oor “grys skoene”, ‘n frase uit die sewentigerjare, trek hy besonder swak aan en dra sulke vuil tekkies en swak passende jeans wat Mr. Price nie eens sou verkoop nie. Sommige liberale mans dra ook kopdoeke, omdat hulle heimelik daarna aspireer om gay swart vrouens te word.

Dít, in ‘n neutedop, is die liberale Afrikaner wat nóg liberaal nóg Afrikaner is, maar op die rand van ons volkslewe ons probeer verpes en beledig, want dit is al waartoe die spesie in staat is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.