Cosatu sê regering moet ophou inmeng in pensioene

Deel op

Die president van Cosatu, S’dumo Dlamini het die regering gewaarsku om nie in te meng in die bestuur van staatsdiens-pensioenfondse nie, het RSG berig.

Hy het by die opening van die vakbondfederasie se twaalfde nasionale kongres in Midrand gesê, dreigemente om beleid oor aftrede en pensioene te verander, het tot ‘n groot aantal bedankings in die staatsdiens gelei.

Dlamini het selfs gedreig dat Cosatu nié die ANC in aanstaande jaar se munisipale verkiesings sal steun tensy die regering ophou inmeng in werkers se pensioenfondse nie.

Intussen sê President Jacob Zuma die vakbondfederasie moet uitstyg bó sy huidige uitdagings en in belang van die werkers eenheid voorop stel.

Zuma het gisteraand Cosatu se kongres toegespreek, nadat sy toespraak vroeër weens administratiewe kwessies uitgestel moes word.

Zuma sê vakbonde wat aan die federasie behoort moet alles moontlik doen om Cosatu se eenheid te beskerm sodat die federasie die kragtige vegter kan wees wat hy sedert sy stigting in 1985 was.

Vroeër is vyf van Cosatu se ses bestuurslede, insluitend die president S’dumo Dlamini, onbestrede in hulle poste herkies.

Daar sal slegs vir ‘n adjunk-hoofsekretaris gestem moet word. Die kongres duur tot Donderdag.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.