Rooibospryse kan met 90% styg weens droogte

Deel op

Suid-Afrika se ergste droogte die afgelope twee dekades kan ‘n verwoestende daling in Rooibosuitset beteken.

Die daling in produksie kan die prys van rooibostee met soveel as 90% laat styg.

Volgens ‘n woordvoerder van die SA Rooibosraad, Ernest du Toit, word die produk net in die Cederberg- en Bokkeveldstreke van die Wes-Kaap gegroei, en is steeds baie gewild.

Du Toit sê afgesien van Rooibos se gebruik as ‘n drank, warm of koud, word dit ook beskou as waarskynlik die grootste anti-allergiese en anti-oksidantproduk in die wêreld.

Dit bevat ook anti-diabetiese en anti-stres-eienskappe, en word dikwels ‘n wonderwerkproduk genoem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.