Verlamming tref Cosatu met drastiese daling in lede

Deel op

Strydende partye in die vakbondfederasie Cosatu sal ‘n geleentheid kry om vandag met mekaar in gesprek te tree wanneer die nasionale kongres in Midrand begin.

Die konferensie is die eerste sonder Cosatu se grootste vakbond, Numsa en die voormalige hoofsekretaris, Zwelinzima Vavi.

Bykans 2 500 afgevaardigdes van Cosatu se 18 geaffilieerde vakbonde sal die nuwe leierskap vir die volgende drie jaar verkies en die uitdagings van die vakbondfederasie bespreek.

Die vergadering hierdie week beloof om min op te lewer.

Nie ‘n vrolike 30ste verjaardagviering tesame met die 4 miljoen-lidmaatskapteiken vir 2015, is in sig vir die federasie nie.

‘n Drastiese daling in lede, politieke verlamming en organisatoriese impotensie kenmerk die groep.

In die openbaar egter, hou leiers vol dat probleme oorkom is en probeer hulle om lede en die media te oortuig dat dat die kongres nie ‘n klug sal wees nie.

Soos tydens die Julie se spesiale nasionale kongres, sal dit hoofsaaklik bygewoon word deur afgevaardigdes wat die suiwering wat 350,000 Numsalede oorleef het.

Dit is simptomaties van die probleme wat Cosatu in die gesig staar dat geen geloofwaardige lidmaatskapsyfers vrygestel word nie.

Ou syfers wat nie rekening hou met die duisende lede wat geskors is of lede wat na die wegbreekvakbonde oorgeloop het nie, word steeds voorgehou.

Intussen het nuwe klein vakbonde soos paddastoele verrys weens die uittog.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.