Soros se bloedspoor

Deel op

Byna onmiddellik na Vrydag die 13de se terroriste-aanvalle in Parys waarin 129 mense die lewe gelaat het en 352 beseer is, het die argitekte van die massiewe immigrante-invloei vanuit die Midde-Ooste en Noord-Afrika, verklaar dat blaam vir die aanvalle verregaaande is omdat mense nodig het om te rou.

Die sosiale media en propaganda-agente wat deur George Soros se wêreldwye netwerk van nie-regeringsorganisasiefronte gefinansier word, was vierkantig agter die veldtog om hoofsaaklik Siriese migrante in Turkye aan te moedig om Europa te bestorm vanuit vlugtelingsentrums in Turkye.

Die Soros-bende was oorgretig om nie enige immigrante vir die terroriste-aanvalle te blameer nie, in ‘n siniese poging om aandag weg te lei van die feit dat Soros-groepe die terroriste in staat gestel het om Europa binne te dring.

Die Trojaanse perde in die migrantestroom het by ‘n onlangse vergadering in Istanbul, ‘n voorneme van Soros ontvang om meer as $10 miljard in hulle lot te belê. Dit sal beteken dat meer as ‘n miljoen derdewêreld- en hoofsaaklik Moslemvlugtelinge na Europa sal kom.

Terwyl die meeste vlugtelinge, mans, die Duitse kanselier Angela Merkel se gulhartige uitnodiging aanvaar het, het die die Soros-bende ook gewaarsku dat enige iemand wat die migrante blameer vir terreur, rassiste en xenofobe is.

Soros en sy agente is direk verantwoordelik vir die skepping van Europa se ergste krisis sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog, en ondersteuners van jihadistiese terrorisme.

Met hul aanstigting van onverantwoordelike en onbeheerbare strome van migrante, is Europese veiligheidsmeganismes afgebreek sodat paniekerige politici grense moet sluit en mure moet oprig.

Selfs nadat die Franse owerhede bepaal het dat een van die dooie terroriste in Parys in werklikheid Ahmad Almohammad was, ‘n Siriese vlugtelinge uit Idlib wat uit Turkye op 3 Oktober deur die Griekse eiland Leros met ‘n Siriese paspoort ingevoer is, het Soros-bendes geëis dat die vlugtelingvloei uit die Midde-Ooste, Asië en Noord-Afrika onverpoos moet voortgaan.

Almohammad moes deur Griekeland na Masedonië, Serwië, Kroasië, Hongarye, Oostenryk, en dan na Duitsland en uiteindelik na Frankryk reis.

Human Rights Watch, wat in 2010 deur Soros gehuur is vir $100 miljoen oor ‘n tydperk van tien jaar, het die kwessie probeer toesmeer.

As gevolg van die druk deur groepe soos Human Rights Watch, Amnesty International, en ander Soros-gefinansierde geopolitieke gereedskap, word jihadistiese vlugtelingstrome na Europa volgehou.

Dit is duidelik dat hierdie groepe nou saamwerk met Angela Merkel. Sy en haar koalisie-regering van die Christelike Demokrate en Sosiale Demokrate deel ook in die skuld vir die Parys-slagting.

Een minuut na die eerste berigte van Vrydag se aanvalle, het ‘n Londense kunstenaar genaam Jean Jullien ‘n “vredesimbool” met die beeld van die Eiffeltoring ontwerp.

Dis die soort taak wat ‘n grafiese kunstenaar ten minste ‘n paar weke sal besig hou, maar nie Jullien nie.

Die simbool is die handelsmerk vir die aanval en gladde bemarking wat wit Europeërs tot vrede maan, maar eienaardig genoeg nie sulke vermanings rig aan die jihadiste nie.

Die beelde is onmiddellik uitgerol, en het binne minute op sosiale media uitgekring. Die media-aanslag van emosie-belaaide simbole en slagspreuke het reeds ‘n integrale deel geword van Soros se veldtogte teen nasionale state.

Net ‘n dag voor die Parys-aanvalle, het Barack Obama beklemtoon dat ISIS in Sirië en Irak, nie uitgeskakel hoef te word nie, maar net “afgegrens” moet word.

Dieselfde ISIS het reeds die lewens van honderde duisende onskuldige mense in Sirië, Irak, die Koerdiese streek, Jemen, Libië, Nigerië, Sinai, Libanon, Thailand, Bangladesj, Afghanistan, Tunisië, Frankryk, en Turkye beteken.

By die G20-beraad in Antalya, Turkye, het die Russiese president Wladimir Poetin die VSA gewaarsku dat hulle nie ernstig is om die jihadiste se olie-inkomste te vernietig nie en lugfoto’s van oliekonvooie gewys wat ongehinderd voortgaan.

Hy het gesê die Amerikaanse uitsprake oor ISIS is warm lug. Die terreuraanvalle in Parys was egter nie en die bloedspoor loop deur Duitsland.

Sedert die gru-gebeure in Parys is Merkel doodstil en het sy van die internasionale toneel verdwyn. Die vrou wat eers as ‘n “wêreldleier” geprys is, lyk al hoe meer na die kommunis wat sy in haar jeug was.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.