’n Klein Kanadese mynmaatskappy sê dit het die Cullinan-diamant se boetie in sy Botswana-myn gevind.
Volgens Lucara Diamond Corp is die steen van 1 111 karaat in sy Karowe-myn gevind en is dit die wêreld se naasgrootste edelgehalte-diamant.
Die diamant is 65 mm x 56 mm x 40 mm in omtrek, berig Nampa/Reuters. Die grootste diamant wat nog gevind is, is die Cullinan-diamant.
Dié steen van 3 106 karaat is in 1905 in Suid-Afrika se Premier-myn gevind.
Dit is in verskeie dele opgesny waarvan twee van die grootste stukke deel van die Britse kroonjuwele uitmaak.