Verengelsing is verdomming

Deel op

Met die terreuraanslae in Europa, die brandende motorbande in Suid-Afrika, die histeriese proteste op kampusse in die Verenigde State, en die verhoogde aantal aanslae op Sirië (met nog hordes vlugtelinge as resultaat) is alles eintlik al gesê: Die Westerse beskawing se donker nag van die siel het aangebreek. Oor die afgelope paar jaar is allerlei slinkse aksies onderneem om die Weste in die tang te neem en nou gaan die bose magte oor tot die uitvoering van hul plan om van die eens glorieuse Weste in ‘n tweede Suid-Afrika om te skep: ‘n distopiese utopie.

Om dit te bewerkstellig moet elke land op sy eie meriete beoordeel en vernietig word. Moslems moor mekaar uit in alewige broedertwiste, Europa verswak homself deur sy skuldgevoelens en simpatie met ander volkere tot die maksimum uit te buit, Amerika vernietig homself op dieselfde manier, en die Afrikaner as gevolg van sy onvermoë om kant te kies vir sy eie mense. Afrikaners in magsposisies hunker altyd na die opvattings van die grootmagte en vertrap dan hul eie mense.

Dit is om hierdie rede belangrik dat ons hierdie nuwe golf van gedwonge verengelsing verstaan. Dit het naamlik bittermin met Rule Brittania of die Britse Ryk te make, hoewel sommige Boerehater-Souties so mag dink. Die uiteinde van hierdie Soutiefisering het geen empaaier-oogmerke nie, altans nie op die manier soos Rhodes of Milner wou gehad het nie, maar juis om te help om die massas verder te verdom en uiteindelik te vernietig. In plaas van ‘n hernude Britse Ryk kan ons beter dink in terme van ‘n Huxleyaanse Dapper Nuwe Wêreld.

Hoewel Engels as wêreldtaal kan pronk met ongelooflik baie literatuur en kennis, hetsy in sy eie taal, hetsy deur vertaling, word goeie literatuur nouliks gelees. Boekeksemplare van denkers, digters en mistici van weleer kan gratis op internet gelees en afgelaai word terwyl gemors soos Vyftig tinte grys en ander oppervlakkige vermaak ‘n pryskaartjie in die winkels het. Soos Huxley voorspel het, sal goeie literatuur nog altyd daar wees, maar eenvoudigweg nie meer gelees word nie. Immers, wie wil lees as jy op ‘n Playstation kan speel? Volgens die Amerikaanse omroeper Alex Jones is die sosiale medium Twitter ook ingestel om mense se taalgevoel af te stomp. Met sy kort sinne en direkte resultaatgedrewe kommunikasie ontwikkel ‘n mens geen dieper taalgevoel nie.

In die geval van Suid-Afrika, met sy huidige fanatieke koterie van English-only advokate en propagandiste, is “Engels” in werklikheid ‘n eufemisme vir “kennismonopolie”.

Op hierdie stadium is daar nog hordes literatuur en toesprake in Afrikaans wat besig is om stof te vergaar op verskeie boekrakke. Daardie werke bevat insigte en opvattings wat nog steeds die potensiaal het om deur die web van leuens te breek wat mense jarelank oor Afrikaners te hore gekry het. Ek herinner my dat PH du Preez in sy boek Apartheid: Misdaad of Weldaad? beskryf het hoedat die destydse Ministerie van Samewerking en Ontwikkeling – wat tydens die Nasionale Partybewind opgerig was om nie-blankes op te hef – kwartaalblaaie uitgebring het waarin statistieke oor die (enorme) besteding aan swartes bekend gemaak was. Egter, ten tye van efwee se groot volksverraad het hierdie blaaie en argiefstukke massaal op die brandstapel beland, soos ‘n soenoffer aan die god van politieke korrektheid. Die feit dat hierdie geskiedkundige dokumentasie nog voor ANC oorname vernietig was, spreek boekdele oor die gebrek aan integriteit van die destydse NP bewind, waarvan efwee slegs die boegbeeld was.

Stel jou voor in ‘n Suid-Afrika waar niemand meer Afrikaans beheers nie. Dan sou daardie kennis vir goed in die vergetelheid geraak het. Die Engelstalige jingo’s sou hiermee ideologies die stryd gewen het, en die nuwe geslag verengelste Afrikaners sou dan geen keuse gehad het as om die sondebok te wees van die huidige regime nie, soortgelyk aan die verdagmakery wat Japanese en Suid-Koreaners in Noord-Korea nog daagliks moet ondergaan, selfs al het hulle vir dekades lank geen kontak meer met hul gesinne gehad nie. Daar sou geen verset moontlik gewees het deur na die historiese werklikheid te kyk nie aangesien hierdie kennis nie beskikbaar sou gewees het nie. Hulle sou by geboorte sonder meer gebrandmerk word as slegte mense, en enige weerstand hierteen sou die norm bevestig. Hiermee het ons na ’n wye sirkeldraai teruggekeer na die tyd van die negentiende eeuse eugenetikatydperk, alles in die naam van “gelykheid”.

Die woorde van George Orwell is in hierdie opsig pynlik relevant: Wie die verlede beheer, beheer die toekoms. Wie die hede beheer, beheer die verlede.

Voeg hiermee saam die doelbewuste pogings wat aangewend word om die wêreldbevolking dom te maak (weereens met Engels as taalmedium) dan kan ons maklik sien hoe die English-only beweging ‘n ingang is om mense onder beheer te bring deur hul gedagtes unaniem te beheer en moontlike verset uit te skakel. Daar mag dalk nog spraakvryheid wees, maar sonder die vermoë om te kan dink is spraakvryheid in elk geval ’n sinnelose oefening.

Vandaar dat pro-Afrikaanse aktivisme as reaksionêr gesien word deur die ANC en hul kommunistiese meesters. Waar alle volkere op aarde deur die Engelse worsmasjien gepers moet word om hulle eenvormig te maak, gaan kennis wat in hul eie tale verskyn het van die toneel verdwyn. In sy kort geskiedenis het Afrikaans baie insiggewende volkekunde ontwikkel en “regse” politici en denkers het standpunte verkondig wat eintlik so voor die hand liggend is dat dit gekkewerk is om dit te ontken.

Enkele fragmente kan in hierdie verband genoem word:

Oom Jaap Marais skryf dat die rede waarom die nie-blankes in Amerika en Australië so oorverteenwoordig word in die gevangenisse is nie omdat hulle primêr tot geweld geneig is nie, maar omdat hulle as indiwidue van een volk gelyk behandel word as indiwidue van ’n ander volk. Dit lei tot wanaanpassing, frustrasie en misdaad. Vervolgens word hulle van hul vryheid ontneem en plaas dit weer ’n las op die samelewing. Daar kan geen sprake wees van sosiale geregtigheid onder sulke omstandighede nie. Dalk is dit my eie vooroordele wat spreek, maar Oom Jaap se beskrywing maak heelwat meer sin as die alewige geweeklag oor diskriminasie en slawernyverlede wat die linkse hoofstroommedia elke dag aan ons opdis. Tegelyk skep hierdie hoofstroommedia ’n presedent vir ander nie-blankes om te roof, moor en te verkrag waardeur die misdaadkultuur slegs verder in die gees van die betreffende volkere veranker gaan word. Uiteindelik word almal verloorders in die stryd, die wittes sowel as die nie-wittes.

Van Tobie Muller het ons geleer dat sodra volkere hul eie innerlike kragte en kultuur misken, gaan hulle slegs groter volkere slaafs naloop. Hul eie identiteit ontwikkel nie meer nie en dan dreig daar ’n verlore generasie te ontstaan. Dalk is dit die rede hoekom Hollywood ons deesdae oorspoel met films oor een of ander zombie-apokalips. In hierdie geval is die zombies ’n allegorie van die nuwe generasie half-dooie onnadenkende wesens van die Nuwe Wêreldorde. Blykbaar verwys die geheimsinnige wêreldheersers na die gewone mens ook as ‘die leweloses’. Oom Jaap het mos ook op ’n stadium gepraat van die “lopende lyke”, verwysend na die kultuurlose en identiteitlose massa.

CJ Langenhoven het ons gewys op die verskil tussen ’n indiwidu en ’n volk. ’n Indiwidu kyk na sy verlede en sien ’n wiegie en kyk na die toekoms en sien ’n graf. ’n Volk is andersom: ’n Volk kyk terug en sien ’n graf en kyk na die toekoms en sien ’n wiegie. Hierdie siening breek fundamenteel weg van die nihilisme van ons tyd. Uiteraard oortree ek ’n groot taboe om dit te sê, maar Langenhoven se standpunt vul my met meer inspirasie en waarheidsbesef as die histrioniese gayregte-ophemeling van die laaste tyd.

En nou moet ons toesien hoe Afrikaans binnekort finaal as hoër onderwystaal gaan verdwyn, danksy die verradelike invloed van sommige wit rektore wat graag kompeteer om te sien hoe swart hulle kan wees.

Soos NP van Wyk Louw in Liberale Nasionalisme geskryf het: ”Wanneer ’n groep weet dat sy redenering nie aangehoor sal word nie; dat selfs die taal waarin hy dit stel, nie verstaan word nie; dat elke argument met ’n magsgreep beantwoord sal word…dan vind hy dit oorbodig, ja selfs verraad, om nog te dink”.

Ek kon dit nie beter gestel het nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.