Ritchie McCaw hang stewels op

Die befaamde All Black rugbykaptein Ritchie McCaw het aangekondig dat hy na 14 jaar sy rugbysteuwels ophang. Daar was baie spekulasie oor die dubbele wêreldbekerwennerkaptein se toekoms na die 2015-wêreldbeker.

Ritchie het ‘n ongelooflike loopbaan met net so ‘n ongelooflike klomp statistieke in sy tyd in die swart trui bymekaargemaak. Van die 413 oorwinnings wat die All Blacks sedert 1903 oor almal in die wêreld behaal het het McCaw 131 oorwinnings gesmaak oftewel 32% van alle All Black-wenne. McCaw het 148 toetse vir sy land gespeel waarvan hy in 110 toetse die kaptein was. McCaw het 27 drieë gedruk wat hom algeheel in plek nommer 13 plaas: een drie meer as sy spanmaat Conrad Smith.

Ritchie McCaw1McCaw het in 2001 vir die eerste keer vir die All Blacks gespeel en sedert sy debuut in die swart trui het hy slegs 37 toetse misgeloop as gevolg van beserings van een of ander aard. Ritchie het 37 toetse teen die Wallabies gespeel, die meeste ooit deur enige land se speler teen die Aussies, waarvan hy slegs 6 toetse verloor het. Daar het 132 nuwe All Blacks hul debuut vir die swart truie gemaak sedert McCaw in 2001 die swart trui oor sy kop getrek het. McCaw het die Bledisloe-beker nie minder nie as 10 keer bo sy kop gelig en in die Drienasieskampioenskap was hy vier keer die seëvierende kaptein. Voeg daarby dat hy twee keer die wêreldbeker kon lig. In 61 toetse in Nieu-Seeland het McCaw slegs twee keer verloor. McCaw was ook al drie keer die wêreldrugbyspeler van die jaar. McCaw het insgelyks al teen 18 van die top-20-rugbynasies toetse gespeel; die enigste twee lande waarteen hy nog nooit gespeel het nie is Uruguay en die VSA. Ritchie MCaw het ook al op 39 verskillende stadions toetse gespeel. Hy was 12 keer vir toetse in Suid-Afrika en het al 12 keer op jaareindtoere na Europa getoer.

McCaw het in sy loopbaan slegs teen 4 nasies ooit verloor: Suid-Afrika (6 keer), Australië (6 keer), Engeland (2 keer) en Frankryk (1 keer).

Hierdie nommer-7-flank is werklik een van die heel grootste nommer sewes ooit! Die rugbywêreld groet Ritchie McCaw met ‘n glimlag!

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Corrupt_comrat_nr1

    fantasties speler,kaptein,atleet. Een van die spelers wat my warm onder die kraag maak,waneer hy wegkom met allerhande dinge en die ref om sy pinkie draai.