SAA verwerp bewerings van ongerymdhede

Deel op

Die adjunkminister van finansies, Mcebisi Jonas het enige sprake van ongrymdhede verwerp met SAA se beplande Airbus-ruiltransaksie van sowat ses miljard rand, het RSG berig.

Hy het gepraat nadat die Suid-Afrikaanse Lugdiens bekend gemaak het dat hy nie uit die transaksie onttrek nie, maar slegs die oorsese verhuringsmaatskappy met ‘n plaaslike een gaan vervang.

Dit volg op berigte dat die lugredery vroeër toestemming van die regering gevra om die bestelling met Airbus vir A320-vliegtuie te ruil met die verhuring van vyf groter A330-tuie.

Die redery het vroeër aan die parlement gesê verliese van meer as ses miljoen rand is in die eerste ses maande van die huidige finansiële jaar gely.

SAA het aan die parlement se toesigkomitee oor finansies gesê die lugdiens sal binne drie tot vyf jaar winsgewend wees.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.