Linkse akademici by Stellenbosch steun taalmoord op Afrikaans

Deel op

‘n Aansienlike groep van “meer as 220” linkse, marxistiese en feministiese akademici aan die Universiteit van Stellenbosch het in ‘n verklaring hul steun vir die afdwing van Engels aan dié universiteit uitgespreek.

In ‘n verklaring wat slegs in Engels uitgereik is, sê die groep dat Afrikaans tot ‘n mindere posisie saam met Xhosa afgetakel moet word en dat Engels tot die hooftaal verhef moet word:

“Die keuse van Engels as die hooftaal van onderrig met ondersteuning vir Afrikaans en IsiXhosa is gegrond op die beginsels van sosiale geregtigheid en inklusiwiteit.

Die besluit sal die universiteit die geleentheid bied om ‘n waarlik Suid-Afrikaans universiteit te word wat oop en toeganklik vir al die land se studente en personeel is, asook vanuit ander dele van Afrika en elders.”

Die groep, waaronder verskeie dosente met Afrikaanse name, meen dat Afrikaans polities besmet is en dat Engels ‘n beter voertuig vir hul linkse ideologie is. Volgens hulle, sal die volslae verengelsing van Stellenbosch “die universiteit in staat stel om sy (Afrikaner-)verlede te bowe te kom”.

Die groep sal op 30 November met die Stellenbosse Universiteitsraad vergader om sy voorstelle vir die snelle en onherroeplike verengelsing van die kampus te bespreek.

Blykbaar is daar 62 professore en 60 doktore wat die verklaring ten gunste van versnelde verengelsing onderteken het. Onder hulle is prof. Magda Fourie-Malherbe, prof. Amanda Gouws (rubriekskryfster van Die Burger) en prof. Mohammad Karaan.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.