Grensbeamptes vasgetrek oor sigaret-smokkel

Deel op

Sestien grensbeamptes en drie amptenare van binnelandse sake sal na verwagting binnekort in die Zeerust-landdroshof verskyn.

Hulle het na bewering smokkelaars by die Kopfontein-grenspos tussen Suid-Afrika en Botswana gehelp.

Die Valke het die amptenare aan diens Woensdag in hegtenis geneem. ‘n Woordvoerder van die Valke, Hangwani Mulaudzi het gesê die verdagtes staar 54 aanklagte van bedrog en korrupsie in die gesig.

Hy het gesê die beamptes het na bewering toegelaat dat smokkelaars vervalste sigarette in die land bring.

Die beamptes het glo motoriste by die grens deursoek en geld geëis as hulle onwettige goedere gevind het, in plaas daarvan om die wet toe te pas. Mulaudzi het gesê verdere arrestasies word verwag.

Mulaudzi het gesê nadat hulle ‘n wenk ontvang het, is die vermeende beamptes gemonitor.

Hy het gesê dit is nog nie duidelik hoeveel geld die beamptes na bewering deur hul korrupte praktyke verdien het nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.