SA ontken lasbriewe teen Israeliese bevelvoerders

Deel op

Die Suid-Afrikaanse polisie het ontken dat lasbriewe uitgereik is vir vier Israeliese bevelvoerders wat vyf jaar gelede verantwoordelik was vir die aanvalle op die Mavi Marmara.

Die Israeliese weermagbevelvoerders het die skip aangeval. Die vaartuig was deel van ‘n flottielje wat na Gaza op pad was om humanitêre hulp en mediese voorrade af te lewer in Mei 2010.

‘n Hof in Istanbul, Turkye, het die lasbriewe vir die bevelvoerders in 2014 uitgereik.

Dinsdag, het die Direktoraat van Prioriteitsmisdade se ondersoekeenheid glo luidens ‘n berig in ANA gesê dié bevelvoerders sal in hegtenis geneem word by hul aankoms in Suid-Afrika.

Die eenheid het gesê ‘n waarskuwingskennisgewing is in September gesirkuleer na die hele Suid-Afrikaanse grensbeheerstelsel.

Hierdie inligting is ook gestuur aan Interpol Suid-Afrika wat met Interpol Turkye sal skakel indien ‘n rooi kennisgewingswaarskuwing uitgereik word.

As hulle in hegtenis geneem word, sal Interpol SA reël met die Turkse owerhede vir hul uitlewering.

Ziyaad Patel, wat die klaer Gadija Davids, verteenwoordig in samewerking met die Moslem Lawyers Association (MLA), het gesê: “Die gespesialiseerde eenhede van die SAPD [SA Polisiediens] en die NVG [Nasionale Vervolgingsgesag] moet geprys word. Hulle het bevestig dat die oppergesag van die reg heers en nagekom word wat Suid-Afrika se internasionale verdrae betref.

“Hulle het ‘n Suid-Afrikaanse burger beskerm en beslissende optrede geneem teen onwettige aktiwiteite en oorlogmisdade teen me Davids.”

Davids, ‘n Suid-Afrikaanse joernalis, het die eerste klag by die SA polisie in 2011 gelê.

Davids is glo ontvoer en aangerand voordat sy teen haar wil aangehou is in ‘n Israeliese tronk.

“Hierdie belangrike besluit sal weergalm oor Turkye en baie ander jurisdiksies soos die Verenigde Koninkryk, Spanje, Griekeland, en Swede, waar burgers van daardie lande ook slagoffers van hierdie bose en lafhartige aanval deur die Israeliese weermag was.”

Suid-Afrikaanse polisie het Dinsdag ontken dat hulle lasbriewe in verband met die voorval uitgereik het vir vier voormalige Israeli-generaals.

“Daar steek geen waarheid hierin nie,” het die Suid-Afrikaanse nasionale polisiewoordvoerder, brigadier Hangwani Mulaudzi gesê.

Laat verlede week, het ‘n regter in Spanje lasbriewe vir die Eerste Minister Benjamin Netanyahu en sewe ander voormalige en huidige amptenare uitgereik.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.