Beurtwater vir KZN ingestel

Deel op

KwaZulu-Natal gaan ook beurtwater instel, nadat die Vrystaat waterbeperkings aangekondig het.

Die watervoorsiener, Umgeni Water, sê van aanstaande week sal streng waterbeperkings in die provinsie ingestel word.

‘n Woordvoerder van Umgeni Water, Shami Harichunder, sê die watervoorsiener, saam met die iLembe Distriksmunisipaliteit, die eThekwini Metro en Sembcorp, het ooreengekom om van 23 November af water met 50 persent te beperk.

Harichunder sê dit beteken dat daar van ses tot agt ure per dag geen water sal wees nie. Die besluit is geneem omdat die Hazelmere-dam slegs 25 persent vol is.

Die vervaardingsektor het intussen kommer uitgespreek oor die uitwerking van die voortslepende droogte op produksie.

Ondernemings in die vervaardigingsbedryf wat aan die opname vir die derde kwartaal van 2015 deelgeneem het, sê watertekorte belemmer produksie in terme van verskaffing, alhoewel watervoorsiening nog betroubaar is.

Altesaam 88 vervaardigers uit verskeie sektore het aan die peiling deelgeneem. Sakevertroue in die bedryf bly broos, met ‘n afname van tien indekspunte in die derde kwartaal tot 38.

Dit is die indeks se laagste vlak sedert die vierde kwartaal van 2011.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.