Nederlandse premier knip staatsbesoek kort na ‘terreur’

Deel op

Die staatsbesoek van die Nederlandse eerster minister, Mark Rutte is kortgeknip deur die terreur-aanvalle in Frankryk.

Rutte sal nie die res van sy program in Suid-Afrika voltooi vir Woensdag nie. Hy het Dinsdagaand teruggekeer na Nederland.

Die Nederlandse staatshoof sou besoeke aan Liliesleaf Farm gebring het om die Rivonia-terroriste te vereer, die Diepsloot-lokasie waar Nederlandse ontwikkelingsprojekte aan die gang is en Kaapstad waar hy verskeie Nederlandse projekte sou besigtig.

Rutte het sonder ironie gesê die “barbaarse” aanvalle in Parys het die belangrikheid van globale samewerking uitgelig in die stryd teen terrorisme.

Nederland het voorheen ANC-terreur teen burgerlikes in Suid-Afrika aktief ondersteun.

Rutte is ook gevra deur ‘n Nederlandse joernalis of hy nie bang is dat sy opmerking dat Nederland oorlog verklaar het teen die Islamitiese staat, van Nederland ‘n teiken van die terreurgroep sal maak nie. Hy het nie die vraag beantwoord nie.

President Jacob Zuma het by dieselfde mediakonferensie van die besoekende Nederlandse staatshoof ‘n beroep op wêreldleiers gedoen om die oorlog teen terreur te verskerp.

Zuma sê Afrika is reeds besig om terreurgroepe in die gebied te beveg. Hy sê almal stem saam dat `n saamgestelde poging onder die vaandel van die Verenigde Nasies die beste sal werk.

Hy het skerp kritiek teen die VSA se beleid van regime-verandering uitgespreek.

Zuma sê die volgehoue inmenging deur sekere lande in die onafhanklike state in die Midde-Ooste het die terreurgroepe veroorsaak.

Volgens hom skep die voorkeur vir militêre ingryping eerder as politieke oplossings, die teelaarde vir gewelddadige ekstremisme en terreur.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.