Gewelddadige lokasieprotes deur wit ANC-lede ondersteun

Deel op

Die polisie oorweeg tans of die Masiphumelele-lokasie te gevaarlik vir hulle is om ‘n satelliet-polisiekantoor daar te vestig.

Adjunk-minister van polisie Maggie Sotyu het Masiphumelele se inwoners in September belowe dat ‘n mobiele polisiestasie opgerig sal word totdat grond vir permanente perseel gevind kan word.

Gewelddadige protes, waartydens “inwoners” herhaaldelik beter polisiëring en ander dienste eis, duur reeds maande.

Verlede week het die Wes-Kaapse polisie se kommunikasiehoof, brigadier Novela Potelwa gesê die polisie oorweeg veiligheid in die gebied om te bepaal of ‘n mobiele polisiestasie daar opgerig kan word.

Potelwa se kommentaar het gelei tot ‘n petisie vir ‘n permanente polisiekantoor wat egter onderteken is deur net 67 inwoners, onder meer deur die voormalige minister van verdediging, Ronnie Kasrils en ANC-aktivis Ben Turok.

Nie een van die twee ondertekenaars woon in die lokasie nie.

Die petisie is Sondag oorhandig aan LUR vir gemeenskapsveiligheid Dan Plato.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.