Twee universiteite gesluit weens geweld

Deel op

Twee universiteite in Kaapstad bly steeds gesluit weens gewelddadige betogings deur studente, het RSG berig.

Die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie het opdrag aan studente gegee om nie later nie as Woensdagmiddag vieruur uit die koshuise te wees.

Die bestuur sê die besluit is geneem in die lig van die voortslepende betogings op kampusse. Eksamens van nie-finale jaar studente is tot 11 Januarie opgeskort.

Finale jaar studente sal teen die einde van die week ingelig word oor gewysigde eksamendatums. Personeel kan moontlik Donderdag terugkeer.

Alle akademiese aktiwiteite aan die Universiteit van die Wes-Kaapland is ook opgeskort.

UWK het vroeër sy eindeksamen na ‘n perseel buite sy Bellville-kampus verskuif, nadat grootskaalse vandalisme en brandstigting voorgekom het.

Maandag moes sowat 400 finale jaar studente hul eksamens elders aflê. Drie studente is in hegtenis geneem op aanklagte van brandstigting.

Die Universiteit van Kaapstad se eksamens word tans ook ontwrig deur ‘n groep oproeriges. Betogers het die Sportsentrum op die hoërkampus gevandaliseer.

Verskeie ruite is gebreek en rou riool is gestort terwyl eksamens aan die gang was.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.