Beurtwater vir Gauteng ingestel

Deel op

Gautengers kan binnekort uitsien na beurtwater. Rand Water sê die vraag is groter as die water wat in opgaardamme beskikbaar is.

Die instelling sê om aan die hoër vraag te voldoen moet water uit opgaardamme vrygelaat word wat die provinsie in ‘n kwesbare situasie laat.

“Ons sal in sekere gevalle moontlik moet ingryp. Ons het Rand Water gevra om te kyk na die verbruikvlaktendense. As dit nodig raak om watervoorsiening veral gedurende sekere ure te beperk om die volumes water in reservoirs en stoorfasiliteite te bestuur, gaan ons dit doen,” het die voorsitter van die Gauteng Water en Sanitasie Forum Jacob Mamabolo gesê.

Intussen sal alle gebiede in Gauteng waar water gepomp, versprei en gestoor word, vrygestel word van beurtkrag.

Die Forum sê dit is om waterbesparing te verseker in die lig van die huidige waterkrisis oor die hele land. Rand Water sê die vraag na water het toegeneem.

Kragonderbrekings raak pompkapasiteit en verlaag sodoende water in die reservoirs, sê Mamabolo.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.