Univ. van Stellenbosch krabbel (voorlopig) terug oor verengelsingsplan

In die lig van oplaaiende verset en kritiek vanuit Afrikanergeledere het die Universiteit van Stellenbosch besluit om voorlopig sy onmiddellike verengelsingsplan op te skort. Tydens ‘n vergadering van die uitvoerende bestuur wat Sondag gehou is, is verklaar dat “ten minste die goedgekeurde minimum-taalaanbod in Afrikaans en in Engels in 2016 aan die Universiteit Stellenbosch (sal) geld. Die Afrikaanse aanbod sal nie afgewater word nie. Indien veranderinge aan die Taalbeleid in die vooruitsig gestel word, sal die proses volgens statutêre voorskrifte geskied.”

Die georkestreerde veldtog teen Afrikaans aan Stellenbosch en alle ander universiteite is egter nog nie verby nie. Die enkele geluide wat die DA se Belinda Bozzoli gemaak het oor die “grondwetlike reg van Afrikaanssprekendes om onderrig in die taal van hul keuse te ontvang” is hewig deur sowel die EFF se Julius Malema as die anti-wit kleurlingmeningsvormer Eusebius McKaiser aangeval. In sy rubriek in die Independent-groep se koerante en op iol.co.za, vaar McKaiser teen Afrikaans uit en sê:

“Afrikaans has a horrible history in our country, still labelled as the language of the oppressor by many people – even though it is the mother tongue of some of us who are black… This new language policy for Stellenbosch truly opens up the possibility of Afrikaans liberating itself from an odious socio-linguistic and political history.”

Ook Max du Preez bepleit steeds die verengelsing van sy almal mater, die Universiteit van Stellenbosch, terwyl die renegaatakademikus en Boerehater Fanie Cloete op Netwerk24 beweer dat “Stellenbosch nog nooit Afrikaans was nie”.

In die verklaring van die Universiteit van Stellenbosch wat gister uitgereik is, word daar gepraat van ‘n “versnelde Engelse aanbod” aanstaande jaar, asook onheilspellend vermeld:

“Die feit dat die Taalbeleid as gevolg van statutêre riglyne nie voor die einde van 2015 verander kan word nie, moenie gesien word as ʼn instrument om Engelssprekende studente te benadeel nie.”

Oor die benadeling van Afrikaanse studente word geen woord gerep nie. Die volledige verklaring van die universiteit se mediakantoor is hier te lese.

Alles in ag genome, sal die Matiestaalstryd dus aanstaande jaar voortduur met die ekstreemlinkses van Open Stellenbosch wat nou bloed geruik het en ‘n volledig Engelse US wil sien. Hierin word hulle deur die Engelse media en die vernaamste Naspers-rubriekskrywers gesteun.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.