Dan Roodt: Afrikaans moet enigste ampstaal buite Natal word

Deel op

Soveel mense is besig om hulle tans oor die Afrikaanse taalkwessie uit te laat, wat blykbaar van die standpunt uitgaan dat alles in Suid-Afrika Engels moet wees. Selfs Julius Malema sou volgens Netwerk24 gesê het “dis PW wat uit die graf uit praat”, verwysende na pleidooie vir die “grondwetlike regte van Afrikaanssprekendes”. ‘n Aggressiewe, luidrugtige minderheid van politici en marxistiese akademici soos Kylie Thomas van Open Stellenbosch poog tans om Engels as universiteitstaal op die hele land af te dwing, net soos Engels die afgelope tweehonderd jaar as aaklige koloniale taal op ons almal afgeforseer is.

Stel dit so: Ek is gatvol vir Engels. Hiermee wil ek nie sê dat Engels nie ook onder sekere omstandighede ‘n mooi en ‘n bruikbare taal kan wees nie. Hier op my rak het ek leeruitgawes van die versamelde werke van die meeste Engelse Romantiese digters soos Byron, Shelley, Keats en Wordsworth wat ek by my oorlede vader, ‘n stoere Afrikaner, geërf het. In Engeland en in die VSA is Engels ‘n nasionale taal en daar bestaan vele mense in daardie lande met wie ons goeie verhoudinge het. Hulle baklei kliphard teen dieselfde soort tirannie – anti-wit rassisme en politieke korrektheid – as ons, daarom is ons bondgenote.

In Suid-Afrika het Engels egter ‘n onding geword wat mens met DDR-Duits of Sowjet-Russies moet vergelyk. Soos ek al dikwels gesê het: die Berlynse Muur het nog nie in ons land geval nie. En daardie muur van totalitarisme is ‘n Engelse muur, ‘n Milnermuur…

Soos Leon Lemmer ook oor die naweek geskryf het:

In werklikheid word Afrikaans deur baie meer mense as Engels as hulle moedertaal beskou. Afrikaans was (en is dalk steeds) in veel groter mate as Engels die verstaanbare gebruikstaal tot in die verste uithoeke van die land. Die taalsituasie was/is plaaslik soortgelyk aan dié in Namibië: die koloniale taal Engels is dié amptelike taal maar Afrikaans is die landstaal.

Daarom is die korrekte en logiese reaksie op die huidige poging om Engels op die land af te dwing nie om “meertaligheid” – wat dit ook al mag beteken – te bepleit nie. Dis Engels teen Afrikaans, oftewel ‘n Engelse Suid-Afrika teenoor ‘n Afrikaanse Suid-Afrika. ‘n Minderheid radikale, kommuniste en koloniale veroweraars is besig om Engels as amptelike én landstaal op ons af te dwing, op kampusse, skole en elders, in die naam van hul meerderwaardigheid en heerssug. So dikwels verwys hulle na white supremacy of “wit heerssugtigheid” soos dit in Afrikaans vertaal word, maar hulle vergeet van Engelse heerssugtigheid wat ons al sedert 1806 ervaar en wat sedert 1994 ‘n siekte erger as MIV/Vigs geword het.

Wim de Villiers en die Universiteit van Stellenbosch het 12 November ‘n absurde verklaring uitgereik waarin die volgende in die eerste paragraaf gesê word:

Aangesien Engels die omgangstaal in Suid-Afrika is, sal alle onderrig by die Universiteit Stellenbosch in ten minste Engels gefasiliteer word om geen uitsluiting op grond van taal te verseker. Die Universiteit bly verbind tot die verdere ontwikkeling van Afrikaans en isiXhosa as akademiese tale.

Kan ‘n universiteit, waar mense kwansuis in die praktyk van “navorsing” en ‘n ewewigtige omgang met feite opgelei word, so ‘n leuen versprei? Feit is: buiten Natal, is Afrikaans die “omgangstaal van Suid-Afrika”. Taalkundige studies bewys dat méér mense in die land Afrikaans as Engels verstaan. As Natal, wat tradisioneel ‘n Engelse kolonie was – maar selfs in Noord-Natal waar daar nog Voortrekkergrond bestaan, word Afrikaans gepraat – buite rekening gelaat word, is Suid-Afrika oorwegend Afrikaans! In groot dele van die ou Transvaal en Vrystaat, asook Noord- en Wes-Kaap, is Engels ‘n vreemde taal waarin geen onderrig of kommunikasie kán plaasvind nie.

Ons beleef tans die ineenstorting van die Engelse onderwysstelsel wat ná 1994 met soveel fanatieke ywer deur die Kommunisteparty in ons land ingestel is. Slegs ‘n paar duisend Afrikaanse leerkragte wat in die vorige stelsel opgelei is, hou die land se onderwys nog min of meer aan die gang. Die tekens is egter daar dat die totale onderwysstelsel, sowel op skool as op universiteit, besig is om in duie te stort. “Leerlinge” verkry matriek sonder dat hulle kan lees of skryf of basiese maalsomme kan doen. “Studente” word van grade voorsien, sonder dat hulle eens ‘n behoorlike brief kan skryf, wat nog te sê om in die beginsels van logika en debat, asook die breë tradisie van beskaafde redevoering opgevoed te wees. Ons “graduandi” is “barbare met ‘n stuk papier” en die meeste van die tyd gedra hulle hul soos barbare deur openlike intimidasie en geweldpleging, brandstigting en vandalisme op dieselfde kampusse waar hulle veronderstel is om hul “Engelse opvoeding” te ontvang.

Dis besonder gepas dat die minister van hoër onderwys voor wie Wim de Villiers, Jonathan Jansen, Ihron Rensburg en elke ander rektor ellendig kruip, insgelyks leier van die SAKP is. Die verengelsingsprojek in Suid-Afrika is ‘n kommunistiese projek. Al was Engels in die negentiende eeu ‘n Brits-koloniale taal wat in die administrasie en uiteindelik in die konsentrasiekampe van 1900-1902 op ons afgedwing is, het dit in 1994 met die bankkrotskap van Oos-Europese kommunisme die enigste grashalm geraak waarna Suid-Afrika se Rooi Rooinekke angsvallig reik. Engels verteenwoordig vir hulle mag.

As ek praat van Rooi Rooinekke, dan dink ek veral aan daardie verloopte Afrikaners (soos Bram Fischer), Engelse (soos John Harris van die stasiebomfaam) en Lithause Jode (soos Joe Slovo en Ronnie Kasrils) wat geen leuen, terreurdaad of gekonkel sou ontsien om hul nuwe Engelse goelag in ons mooi land tot stand te bring nie.

Daar bestaan geen praktiese oorweging of morele reg vir die voortbestaan van Engels in ons land, buiten in Natal nie. Tydens Republiekwording in 1961 wou Natal afstig en selfs tans sou die land van ‘n groot deel van sy probleme ontslae raak as hy dié koloniale provinsie met sy Engelse, Zoeloes en Indiërs aan hul eie lot oorlaat. Immers is Jacob Zuma en sy uitgebreide familie almal Natallers! Natal is die Engelse parasiet wat minder as 16% van ons Bruto Nasionale Produk lewer, maar tans die land regeer en sy taal op ons afdwing! Naas Wits en die Universiteit van Kaapstad, waar die Lithause invloed tradisioneel sterk was, het die “Britse” Universiteit van Kwazulu-Natal insgelyks sy kwota fanatiese radikale en kommuniste opgelewer. Sedert 1994 verkeer Natalse Indiërs ook op die voorpunt van die oorlog teen Afrikaans, ‘n taal wat hulle as “oorbodig” beskou, synde geen lingua franca in hul tuisprovinsie, Natal, of in hul land van herkoms, Indië nie.

Anders as Engels, is Afrikaans geen koloniale taal wat vanaf Europa op ons afgedwing is nie. Soos wat die Vryburgers aanvanklik in 1657 op hul eie grond begin boer het, het hul volkstaal natuurlikerwys in die Kaap al verder en verder versprei en is merendeels sonder dwang deur ander inheemse groepe soos die Khoi-San as voertaal aangeneem. Later in die negentiende eeu is Afrikaans deur die Groot Trek na die binneland versprei. In die Boererepublieke was Afrikaans die omgangstaal en veral in die Transvaal is geen Engels in die administrasie gebruik nie.

Laasgenoemde is ‘n belangrike punt, want selfs toe ons deur Brittanje in 1902 verower is, het artikel 5 van die Vrede van Vereeniging bepaal dat die “Dutch language” (waarby Afrikaans inbegrepe is) in “openbare skole in die Transvaal en die Oranjerivierkolonie waar ouers dit verkies” onderrig sou word, asook dat dieselfde taal “in die geregshowe” toegelaat sou word.

Dít wat ons nou aanskou, verteenwoordig die terugdraai van die horlosie na tegelykertyd, ‘n soort oerkolonialisme van die vroeë negentiende eeu en die beginsel van “mag is reg”, asook die sosiogeniëring van die Oos-Europese goelag-tipe. Deur dwang en geweld moet “een Engelse nasie” uit die diverse etniese en kultuurgroepe in Suid-Afrika gesmee word.

FW de Klerk is ‘n hond en ‘n verraaier wat net die doodstraf verdien. Pleks van “te onderhandel”, het hy gemeensaak met Joe Slovo en sy fanatieke Oos-Europeërs, Lithauers, Natalse Indiërs en Engelse marxiste gemaak om ons van ons nasionale kultuur te beroof. Nie net ons kultuur nie, maar selfs ons lewens: ons volkslewe wat moeisaam oor eeue hier tot stand gekom het, dog ook: ons fisieke lewens wat daagliks deur moord, verkragting en roof vernietig word.

Die Kaap is in 1806 vir die tweede keer deur Brittanje beset, terwyl die Transvaal en Vrystaat in 1902 weereens deur die Britse Ryk verower is. Gee dit die Rooi Rooinekke die reg om hul taal op ons af te dwing? Nee, en nogmaals nee! Tydens die twintigste eeu het Afrikaners getoon dat hulle geensins hierdie verowering aanvaar nie. Ons was die eerste antikoloniale stryders; selfs Lenin het dit erken. Oor die afgelope eeu het ons Afrikaans as nasionale taal ontwikkel en uitgebou tot die grootste kultuurtaal wat daar nog in Afrika bestaan het, as alternatief vir Engels wat grotendeels in Natal en enkele voorstede van Johannesburg en Kaapstad gepraat is.

Maar steeds word die veroweringsargument en “mag is reg” aan ons opgedwing! Ná FW de Klerk en Roelf Meyer se laakbare kapitulering aan die bebrilde “generaals” van Umkhonto we Sizwe soos Joe Slovo of Ben Turok, word die argument elke dag gestel dat Afrikaners deur die “progressiewe” (‘n eufemistiese term vir “kommunistiese”) magte verower is. Terloops, is ek dalk onbillik om Lithaue die skuld te gee. Turok is in Letland gebore, ook ‘n Oosseestaatjie en voormalige kommunistiese land wat net langs Lithaue geleë is.

Ons is dus drie keer verower: in 1806, in 1902 en in 1994. Daarom moet ons nou Engels as landstaal, asook enigste taal van hoër onderwys – en binnekort alle onderwys – aanvaar.

Sedert die Tweede Wêreldoorlog is die veroweringsreg egter nie meer geldig nie. Die territoriale integriteit van alle state moet eerbiedig word, volgens die Handves van die Verenigde Nasies wat universeel aanvaar is. Net so min as wat Brittanje vandag die reg het om ons in te val en die Engelse taal op ons af te dwing, het Slovo en ander Oos-Europeërs die reg om ons deur middel van terreur – wat in elk geval ‘n internasionale misdaad is – aan te val en agterna Engels op ons af te dwing.

Wat die hele land – met die uitsondering van Natal – betref, was Afrikaans of die vorm daarvan waarna ook in vorige eeue as “Nederlands” of “Kaaps-Hollands” verwys is, die regs- kerklike en opvoedkundige taal. In die noorde van die land is dit maar eers ná 1902 dat Engels hoegenaamd amptelike status verkry het: deur die loop van ‘n geweer en oor die lyke van die kinders en vroue in die konsentrasiekampe.

Net so min as wat die Engelse “taalreg” in dié land deur verowering gevestig kan word, kan dit deur verskeie pogings tot volksmoord – waarvan die huidige maar die jongste in ‘n hele reeks is – gevestig word.

Ek praat namens alle Afrikaners as ek sê dat ons nooit ondergeskiktheid teenoor die Engelsman, die Lithauer, die Xhosa, die Zoeloe, of wie ook al, sal aanvaar nie. Ook en veral nie die ondergeskiktheid van ons suiwer Germaanse kultuurtaal, Afrikaans, teenoor ‘n kreoolse bastertaal soos Engels wat deels Germaans en deels Latyns is nie. Ons gee nie om of die Franse, Duitsers, Nederlanders, Skandinawiërs of wie ook al Engels bo-oor hul eie tale as “internasionale taal” aanvaar nie. As daar een taalgroep op dié planeet is wat Engelse oorheersing totaal en al verwerp, is dit die Afrikaanse taalgroep! Op Stellenbosch, in Pretoria of waar ook al.

Selfs al is dit de facto waar dat ons verower is of deur verraderlike miskruiers van sg. “leiers” tot die status van “verowerdes” verdoem is, verbied die verskeie Geneefse konvensies steeds dat die veroweraar die kultuur van die verowerdes uitwis. Artikel 49 van die Vierde Geneefse Konvensie verbied insgelyks die veroweraar om tot “bevolkingsoordragte” (“population transfers” in die Engelse weergawe) oor te gaan:

Individual or mass forcible transfers, as well as deportations of protected persons from occupied territory to the territory of the Occupying Power or to that of any other country, occupied or not, are prohibited, regardless of their motive. … The Occupying Power shall not deport or transfer parts of its own civilian population into the territory it occupies.

Umkhonto we Sizwe, die SAKP se terreurmag, het ooreenkomste met Robert Mugabe en ander totalitêre leiers gesluit. Verbaas dit daarom dat ‘n deel van die Zimbabwiese bevolking na ons land deur bevolkingsoordrag gebring is, sodat die land verder verengels kon word?

Op ‘n kleiner skaal, is Umkhonto we Sizwe besig met “bevolkingsoordrag” na Afrikaanse universeite met kultuurmoord en volksmoord (daar is geen regstegniese onderskeid tussen die twee nie) as oogmerk.

Die 1996-Grondwet, wat nooit aan ‘n referendum onderwerp is nie, is so swak deur Roelf Meyer en sy idiotiese medeverraaiers onderhandel dat niemand kop of stert kan uitmaak van die taalartikels daarin nie. Suid-Afrika beskik oor “elf amptelike tale”, maar slegs een “omgangstaal” – in die woorde van die Universiteit van Stellenbosch – en slegs Engels word op amptelike dokumente en in wetgewing gebruik. Waarskynlik het Idi Amin se Uganda ‘n meer konsekwente grondwet en taalbeleid gehad!

Aangesien geen Afrikaner, behalwe een of twee “gekooptes” ooit tot die 1996-grondwet ingestem het nie, moet ons ons op die Verdrag van Vereeniging (1902), asook die British South Africa Act (1909) en die Ampteliketalewet (1925) verlaat. Elkeen van daardie dokumente, waarvan twee deur Brittanje opgestel is, gee ten minste gelyke status aan Afrikaans. Waarom sou ons tans met minder tevrede wees? Omdat ‘n klompie Lithauers met die hulp van die Oos-Duitsers en die Sowjet-Russe bomme in ons stede kom stel het, op dieselfde wyse as wat terroriste enkele dae gelede ‘n skrikbewind in die Franse hoofstad, Parys, gevoer het.

Ons verwerp terreur en taaloorheersing met dieselfde mate van minagting. In Suid-Afrika was Engels nog altyd by uitstek die taal van die terroris, die lasteraar, die beswadderaar en volksmoordenaar. Kennelik bestaan daar inwoners van dié land – gelukkig ‘n minderheid – wat Afrikaans en ons nasionale tradisie hartstogtelik haat. In hierdie tye – net soos voorheen in die geskiedenis – het hulle ‘n soort taaloorlog teen Afrikaans verklaar.

Laat ons dit vandag ewe hartstogtelik aan die Rooi Rooinek met sy dik Lithause bril stel: Alvorens u Afrikaans in dié land uitwis, sal u elkeen van ons eers moet doodmaak. Sekerlik broei die obsessie om alle Afrikaners te wil uitmoor in die patologiese geeste van Suid-Afrika se Anglo-kommuniste en “internasionaliste”. Maar anders as die groter Anglo-Amerikaanse Ryk, beskik hulle kwalik oor die vermoë om hul doodsvonnis op ons moedige klein volk te voltrek. Ook nie die doodsvonnis wat die afgelope dae oor Afrikaans by Stellenbosch uitgespreek is nie.

PW Botha se naam eggo die afgelope week of twee deur die land, ironies genoeg. Hy het aan ons die begrip van die “totale aanslag” oorgedra, maar waarskynlik was hy te naïef om te verstaan juis hóé totaal en totalitêr die aanslag uiteindelik sou word, tot hier waar dit elke aspek van ons kulturele en opvoedkundige lewe sou raak.

Die taaloorlog is verklaar. Ons was nog altyd verdraagsaam teenoor elke taal ter wêreld, Engels daarby ingesluit. Dieselfde kan nie van die “Engelse alliansie” in Suid-Afrika gesê word nie. Hulle was nog altyd kwaadwillig, haatdraend, onverdraagsaam. Wanneer Engels soos tans die voertuig vir totalitarisme, asook volks- en kultuurmoord word, moet ons dit verwerp en terugdryf tot in Natal van waar dit oor die Drakensberge gekom het ons te bedreig en te versmoor. Die aggressie kom nie van ons nie, maar van die anglomane wat soos ‘n trop hiënas nou bloed geruik het en finaal alles voor die voet wil doodbyt.

Laat ons teen Engels opstaan soos ons voorouers teen die Britse Ryk opgestaan het en soos ons jong seuns aan die grens teen Kuba, Rusland en Oos-Duitsland geveg het. Die “Engelse mag” wat hom tans in sy oorheersing en sy hegemonie verlekker, mag binnekort verras word deur die staalharde wil van elke ware Afrikaner om geen duim vir sy taal toe te gee nie.

Afrikaans verteenwoordig ons laaste stukkie grondgebied wat ons nie durf prysgee nie. Engels is die dood self, juis daarom word dit ‘n “doodsetertaal”* (killer language) genoem. “Meertaligheid” is ‘n illusie en het nog nooit in Suid-Afrika bestaan nie. Dit was nog altyd net ‘n stryd tussen Engels en Afrikaans, met die oorwinning wat tans deur Engels verklaar word.

Engels hoort in Natal. Of dalk oorsee. Nie langer in u en my aangesig nie. Weens die onverdraagsaamheid van Engels en Engelsgesindes, moet Afrikaans die enigste amptelike taal van ‘n herrese Afrikaanse Republiek word waarin onderontwikkelde minderheidstale soos elders ter wêreld met verdraagsaamheid behandel sal word. Ons is siek en sat vir die selfvoldane aggressie en meerderwaardigheidsindroom van Engels. “Engelse heerssugtigheid”, inderdaad.

Om dit pront te stel: Laat Engels in sy swernoot vlieg!

* Dié neologisme, ontleen aan die Skotse skryfster van die Harry Potter-boeke, sal my vergun word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.