Hoekom het ISIS Frankryk gekies?

Deel op

Gewapende terroriste en selfmoordbommers het regoor Parys Vrydagnag toegeslaan om ‘n psigose van vrees onder miljoene inwoners te laat posvat.

President Francois Hollande het die aanvalle as ‘n ongekende terreurdaad, ‘n “oorlogsverklaring” beskryf.

Die Islamitiese staat het verantwoordelikheid vir die aanvalle aanvaar.

Maar wie het die Islamitiese staat uit Sirië en Irak gefinansier?

In 2012 het Hollande erken dat hy Siriese rebelle bewapen ten spyte van ‘n EU-embargo.

Die wapens is in 2012 afgelewer, voordat die embargo in Mei 2013 afgeskaf is, volgens die joernalis en skrywer Xavier Panon. “Ons het begin toe ons seker was dit [die wapens] sal in die regte hande opeindig. Vir die dodelike wapens was dit ons dienste wat dit afgelewer het” het Hollande aan die skrywer verklaar.

In Oktober 2012 was dit duidelik dat die meeste van die wapens wat verskeep is op aandrang van Saoedi-Arabië en Katar na harde Islamitiese jihadiste gaan, en nie die meer na sekulêre opposisiegroepe, die sogenaamde “gematigde rebelle” nie.

Frankryk het na vore getree as die mees prominente ondersteuner van gewapende groepe in Sirië om die beleërde regime van Assad te verdryf.

Groot bedrae kontant het na die Franse regering se gevolmagtigdes gevloei, het diplomatieke bronne bevestig. Die geld is gebruik om wapens te koop in Sirië en gewapende bedrywighede teen ‘n demokraties verkose regering te befonds.

Die linkse, menseregte-prediker, Hollande het in Augustus 2014 bevestig dat Frankryk die Siriese regime van Bashar al-Assad omver wil werp.

Twee van die mees suksesvolle faksies teen Assad se magte is Islamitiese ekstremistiese groepe: Jabhat al-Nusra en die Islamitiese staat van Irak en Sirië (ISIS).

Hulle sukses is deels te danke aan ondersteuning wat hulle van twee Golflande ontvang het: Katar en Saoedi-Arabië.

Maar waar het dié twee lande wapens gekry? Dit blyk dat Frankryk groot bestellings vir militêre toerusting van dié twee ontvang het.

In April 2015 het Katar ingestem om 24 Dassault Rafale-vegvliegtuie te koop.

In Junie 2015 het Saoedi-Arabië en Frankryk ooreengekom om ‘n transaksie te onderteken, selfs nadat dit duidelik geword vir almal dat die regimeveranderingsprojek in Sirië reeds gelei het tot die uitbreiding van terrorisme.

Hollande het selfs in September voor die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies gesê sy land sal “sy verantwoordelikhede nakom” in die pogings om van president Bashar al-Assad ontslae te raak.

Kan Hollande nou sy deuntjie verander?

Na Hollande se onbesonne en gevaarlike speletjie in Sirië het hy Angela Merkel se oop-grens-beleid nagepraat en lidlande gemaan om Siriese migrante te aanvaar: “Ons moet ‘n verenigde asielstelsel implementeer,” het Hollande by ‘n EU-beraad oor die migrasiekrisis in Augustus verklaar.

Hollande het Merkel ten volle ondersteun nadat sy verklaar het dat Duitsland nie sal hou by die Dublin-reël nie.

Dit blyk nou dat die aanvallers die EU se oop grense benut het om terroriste te ontplooi.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.