Onrus by universiteite duur voort

Deel op

‘n Nagwaak by die Universiteit van Johannesburg se Kingsway-kampus in Aucklandpark het die nawwek gewelddadig geraak.

Die SABC berig polisie het rubberkoeëls gebruik om die studente uiteen te jaag, nadat hulle probeer het om by die universiteit se gronde in te kom. Betogers het daarna die verkeer op Kingsway-laan ontwrig deur buitebande te brand.

Hulle het ook ‘n park naby die kampus aan die brand gesteek. Die betogers het ‘n beroep gedoen vir die beëindiging van uitkontraktering en registrasiefooie by die universiteit.

Die Universiteit van Wes-Kaapland het intussen alternatiewe maniere aangekondig vir studente om hul akademiese jaar te voltooi weens ‘n onstabiele situasie op die kampus.

Die registrateur, Nita Lawton-Misra sê finale jaar-studente in al die fakulteite sal aan een of ander vorm van assessering onderhewig wees. Die huidige eksamenrooster vir finale jaar-studente sal ook nog steeds Maandag van krag wees.

Sy sê alle ander studente kan hul deurlopende punte in finale punte omskakel, of om alternatiewe assessering aansoek doen.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.