Droogte: SA moet mielies invoer

Deel op

Die regering sê hy gaan meer as R2,3-miljard bestee om mielies in te voer.

Die SABC berig dit kom te midde van een van die ergste droogtes in die land in 23 jaar.

Suid-Afrika sal vir die eerste keer in sewe jaar ‘n netto-invoerder van mielies wees. Die regering sê witmielies sal van Zambië en Meksiko ingevoer word, terwyl geelmielies van Argentinië en Brasilië verkry sal word.

Die landbou-organisasie, AgriSA meen Suid-Afrika benodig sowat 770-duisend ton mielies vir die seisoen, waarvan sestig persent reeds ingevoer is.

Die minister van landbou, Senzeni Zokwana het vroeër gesê die droogte kan nog ‘n ramp vir die hele streek van suidelike Afrika word indien dit voortduur. Vyf provinsies – Noordwes, KwaZulu-Natal, die Vrystaat, Limpopo en Mpumalanga – is tot dusver tot rampgebiede weens die droogte verklaar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.