Frankryk val ISIS-vestings in Sirië aan

Deel op

Franse vegvliegtuie het vestings van die Islamitiese Staat in Sirië aangeval nadat ISIS verantwoordelikheid vir die gekoördineerde terreuraanvalle in Parys aanvaar het.

Amerikaanse intelligensie-dienste het na die aanvalle ingestem om hul data te deel met Frankryk, en het begin met die verskaffing van “fokuspakkette” oor die Islamitiese Staat se posisies, het die Wall Street Journal Sondag berig.

Die Pentagon se perssekretaris Peter Cook het in ‘n verklaring gesê dit is “konkrete stappe wat die VSA en die Franse moet neem in ons noue samewerking van vervolging om ‘n volgehoue veldtog verder te versterk teen ISIS.”

Die lugaanvalle is uit weerwraak vir die slagting waarin minstens 132 burgerklikes dood is.

Twaalf Franse vliegtuie, insluitend 10 vegvliegtuie, het deelgeneem aan Frankryk se grootste lugaanval nog ooit in Sirië, luidens die verklaring van die Franse ministerie van verdediging.

Volgens die Siriese groep is 30 lugaanvalle uitgevoer en is minstens 20 bomme is op teikens in Raqa laat val, wat as ‘n vesting van ISIS beskou word.

Die teikens sluit ‘n beheersentrum, ‘n wapenopslagplek en opleidingskamp in. Dit is nie bekend hoeveel skade aangerig is nie. Frankryk het die naweek onderneem om die ISIS te vernietig.

Intussen sê Frankryk hulle is op soek na een persoon wat moontlik een van die Parys terreuraanvallers is.

Daar is ‘n beroep op die publiek gedoen vir inligting oor ‘n man met die naam Salah Abdesalam.

Abdesalam is kortliks deur die polisie naby die Franse grens Saterdagoggend na die aanvalle aangehou, maar is later vrygelaat.

Hy het die Volkswagen Polo gehuur wat buite die Bataclankonsertsaal geparkeer was, waar 89 mense later doodgeskiet is.

Volgens ‘n berig van Associated Press, het vier Franse amptenare gesê hy was een van die drie mense wat by die Franse grens voorgekeer is, sowat 120 myl van Parys, ure nadat hy geïdentifiseer is as die huurder van die motor.

‘n Internasionale lasbrief vir sy inhegtenisneming is intussen uitgereik.

Vroeër is nog ‘n verdagte as die 29-jarige inwoner van Parys, Omar Ismail Mostefai geïdentifiseer.

Sewe mense is reeds in België in hegtenis geneem in verband met die aanvalle.

Die dodetal het vroeër tot 132 gestyg nadat nog drie mense in die hospitaal aan hul beserings beswyk het. Minstens 352 mense is in die aanvalle beseer.

Ontleders meen, nalv van die gekoördineerde aanvalle in Parys, dat ‘n groep soos ISIS nie sonder die ondersteuning van ‘n staat kan bestaan nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.